Kaca pembesar
Cari Loader

Kristel Loots 
’n Ander vrou se rok 

Dukung
Adobe DRM
Sampul Kristel Loots: ’n Ander vrou se rok (ePUB)
Zia is nie ’n natuurlike blondine nie, maar sy doen haar bes om funky te wees. Sy dra way-out tweedehandse ontwerpersklere wat sy by liefdadigheidswinkels koop. Dis net dat ’n ander vrou se rok nie aldag so lekker aan haar lyf of in haar lewe pas nie. Want Zia bars uit haar nate op meer as een manier.
Sy is nou eenmaal nie haar perfekte niggie nie, al hét sy ook ’n kêrel. Met ’n poegie. Karel is haar kêrel. Maar net op mooiweersdae. Toe Zia se onderwysloopbaan met ’n hengse knal in haar gesig ontplof, hou Karel hom skaars. Want hy wil eintlik ’n ordentlike vrou hê, een wat nie skandes maak nie.
Ouma Betta wil ook van haar ’n goeie Afrikanervrou maak sodat sy tog net nie soos haar ma sal uitdraai nie. Maar Zia maak ’n nasionale sport van elke faux pas in die boek.
Zia sou nooit kon raai hoe kreatief haar lewe nog sou word toe sy die dag by Creative Creatures se glasdeur instap nie. Of dat ’n man wat soos ’n winkelpop lyk haar hart op hol sou kry nie. Sy weet Jack de Villiers kies sy meisies om by sy dasse te pas, maar sy kan hul chemistry nie ontken nie.
€11.99
cara pembayaran

Tentang Penulis

Kristel Loots bly agter die boereworsgordyn in die Kaap. Sy is mal oor Afrikaanse chicks van all shapes and sizes wat nie meer kuis en koekerig op die rak sit en wag vir ʼn man met ʼn 4×4 om hulle te kom opraap nie: Hulle maak hul lippe roekeloos rooi, glip ʼn paar sexy stiletto’s aan en met wiegende, wulpse child-bearing heupe loop soek hulle hom waar hy wegkruip. Kristel reis die wêreld virtueel plat en woeker met woorde om die wolf van die deur weg te hou terwyl sy na mense om haar se stories luister. Wat haar betref, is chick-lit die pienk boekies van die toekoms en kan dit die verkope van goedvoel-pille drasties laat afneem. Kristel glo aan gelukkige eindes en beskou haar sin vir humor as ʼn besondere gawe. Daarom deel sy dit graag met haar lesers.
Bahasa Afrikanas ● Format EPUB ● ISBN 9780624074717 ● Ukuran file 0.6 MB ● Penerbit Tafelberg ● Diterbitkan 2015 ● Edisi 1 ● Diunduh 24 bulan ● Mata uang EUR ● ID 4801430 ● Perlindungan salinan Adobe DRM
Membutuhkan pembaca ebook yang mampu DRM

Ebook lainnya dari penulis yang sama / Editor

697,873 Ebooks dalam kategori ini