Lente d'ingrandimento
Search Loader

Braam le Roux & Dewald Brink 
Die Poort van Trane 

Supporto
Adobe DRM
Copertina di Braam le Roux & Dewald Brink: Die Poort van Trane (ePUB)

DIE POORT VAN TRANE – WOESTE LAEVELD REEKS




In die woeste bosveld van Oos-Transvaal het ’n meisie verlore geraak. Sy bevind haar in ’n gebied wat wemel van roekelose fortuinsoekers, beesdiewe en smokkelaars. Daar is ’n tragedie verbonde aan haar wegraak en ’n groot prys word uitgeloof aan die man wat haar lewendig kan terugbring.




Deur die kragte van die noodlot word ’n man op haar spoor uitgestuur. ’n Man wat ’n diepe wrok in sy hart het. ’n Man wat weke en maande lank al soek en soek en soek, nie na die vermiste meisie nie, maar na iemand teenoor wie hy al sy kille en verbete wraaklus sal afkoel, indien hy hom ooit opspoor.




Hy soek na ’n moordenaar… en dan loop hy ’n meisie raak wat hom laat wonder of sy nie dalk die geheimsinnige, “vermiste kleindogter van Oom Lodewyk Malan” is nie. Sy is self in hewige, asemrowende avonture betrokke. Hy kry dit reg om haar daaruit te red, maar dan kom hy te staan teen ’n vyand, so magtig en roekeloos soos die woeste Laeveld nog nooit geken het nie.




Selfs teen hom is hy egter opgewasse. Hierdie man van staal en soepele krag, wat ’n rewolwer kan hanteer, vinniger as wat weerlig kan slaan. Johan Grimbeek, is die held van die verhaal, wat hom daarop toelê om die Laeveld, oorstroom deur fortuin soekers sedert die ontdekking van goud in 1870, weer skoon te maak…

€8.22
Modalità di pagamento
Lingua Afrikaans ● Formato EPUB ● Pagine 262 ● ISBN 9781928498643 ● Dimensione 3.0 MB ● Editore Pieter Haasbroek ● Casa editrice Pieter Haasbroek ● Paese GB ● Pubblicato 2021 ● Scaricabile 24 mesi ● Moneta EUR ● ID 8202455 ● Protezione dalla copia Adobe DRM
Richiede un lettore di ebook compatibile con DRM

Altri ebook dello stesso autore / Editore

83.045 Ebook in questa categoria