Lente d'ingrandimento
Search Loader

Chris Barnard 
Paljas: Skooluitgawe 

Supporto
Adobe DRM
Copertina di Chris Barnard: Paljas: Skooluitgawe (ePUB)
Op ’n verlore spoorweghalte is stasiemeester Hendrick Mc Donald ’n teleurstelling vir sy vrou, Katrien. Sy loop bedags agter die huis en huil as sy dink niemand sien haar nie. Hulle dogter, Emma, kan nie meer klavier speel nie en is vasgevang in ’n saai liefdesverhouding. Hulle seun, Willem, praat twee jaar lank nie meer nie. En al vier maak asof niks verkeerd geloop het nie. Maar dan bring ’n sirkustrein vir Manuel die nar in hul lewens. Eers werk sy paljas met Willem, dan met hulle as gesin. Nou moet dit nog met ’n hele gemeenskap werk . . .
€12.99
Modalità di pagamento

Circa l’autore

Christiaan Johan (Chris) Barnard is op 15 Julie 1939 op Mataffin in die distrik Nelspruit gebore. Hy matrikuleer in 1957 aan die Hoërskool Nelspruit. Hy studeer aan die Universiteit van Pretoria waar hy sy BA-graad met Afrikaans-Nederlands en Kunsgeskiedenis as hoofvakke verwerf. Hy debuteer in 1961 op 22-jarige ouderdom met die novelle, Bekende Onrus, waarvoor hy die CNA-prys ontvang. In 1967 begin Chris as joernalis by Die Huisgenoot werk, en sy rubriek Chriskras word later in drie bundels gepubliseer. In 1971 verskyn sy tweede roman, Mahala, wat steeds as ‘n klassieke Afrikaanse boeke beskou word. Hy lewer, as een van die belangrikste Sestigers, ’n groot bydrae tot die Afrikaanse letterkunde onder meer weens sy veelsydigheid: romans, novelles, rubrieke, jeugverhale, kortverhale, verhoogdramas, hoorspele, essays, filmdraaiboeke, radio- en televisiedramas het uit sy pen verskyn. Hy het verskeie pryse ontvang en is twee keer met die gesogte Hertzog-prys bekroon. Deesdae boer hy op sy plaas, Thulani, in Mpumalanga met lemoene en makadamianeute.
Lingua Afrikaans ● Formato EPUB ● Pagine 148 ● ISBN 9780624068617 ● Dimensione 0.9 MB ● Casa editrice Tafelberg ● Pubblicato 2015 ● Edizione 1 ● Scaricabile 24 mesi ● Moneta EUR ● ID 4534746 ● Protezione dalla copia Adobe DRM
Richiede un lettore di ebook compatibile con DRM

Altri ebook dello stesso autore / Editore

25.093 Ebook in questa categoria