Lente d'ingrandimento
Search Loader

Erns Grundling 
Sushi en shosholoza 
Rugbyreise en pelgrimstogte in Japan

Supporto
Adobe DRM
Copertina di Erns Grundling: Sushi en shosholoza (ePUB)
In 2018, kort op die hakke van sy topverkoper-memoires oor die Camino, Elders, en die kyk NET-reeks Elders: Die Camino, reis Erns Grundling met ’n TV-span na Japan om ’n nuwe Elders-reeks te gaan verfilm – dié keer oor die land waar die Rugbywêreldbeker 2019 sal plaasvind. Sushi en shosholoza is sy verslag van die reis. Tussen pelgrimstogte soos die Kumano Kodo, die Camino se sustersroete, die uitklim van Mount Fuji en onderhoude met SA rugbyspelers in Japan – ook met Dan Carter en Jake White – kry lesers nes in Elders terugflitse na Erns se jeug. Van ’n laaitie wat OP se wedstryde op die ou Boet Erasmus-stadion ademloos volg, tot vandag se Erns wat stomgeslaan in sy Brave Blossoms-rugbytrui sit en kyk hoe Japan nou éintlik ’n rugbywedstryd hanteer. (Wenk: Dis nie Loftus dié nie!) Kom stap nog ’n slag saam met Erns, dié keer op die plek waar talle Suid-Afrikaners laat in 2019 die Bokke sal gaan ondersteun. Konnichiwa, Japan!
€13.99
Modalità di pagamento

Circa l’autore

Erns Grundling is ’n TV-aanbieder (kyk NET Elders: Die Camino, Die Ware Naarheid) en veelbekroonde joernalis (voorheen by Weg, Lit Net, Insig en Huisgenoot). Hy woon in Kaapstad. Sy 2017-reisboek Elders, oor sy Camino-staptog, was ’n groot treffer en is nou ook as Walk it Off beskikbaar. Koshuis (2018), wat Erns saamgestel het, was ook baie gewild.
Lingua Afrikaans ● Formato EPUB ● Pagine 256 ● ISBN 9780795802119 ● Dimensione 3.4 MB ● Casa editrice Queillerie ● Pubblicato 2019 ● Edizione 1 ● Scaricabile 24 mesi ● Moneta EUR ● ID 7151856 ● Protezione dalla copia Adobe DRM
Richiede un lettore di ebook compatibile con DRM

Altri ebook dello stesso autore / Editore

5.059 Ebook in questa categoria