Lente d'ingrandimento
Search Loader

Piekfyn Afrikaans Onderwysersgids Graad 9 Eerste Addisionele Taal 

Supporto
Uiteindelik! ʼn Reeks wat aan al die vereistes van die KABV voldoen! Piekfyn Afrikaans Graad 9 se Leerderboek en Onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Hierdie unieke onderwysersgids ondersteun die onderwyser se taak deur
• beplanning en voorbereiding tot die minimum te beperk – elke module het sy eie onderrig-, leer- en assesseringsplan;
• ’n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook ritse riglyne, wenke, prosedures en prosesse vir leeraktiwiteite;
• volledige memorandums vir al die voorbeeldvraestelle te voorsien;
• te fokus op kommunikatiewe, teks- en prosesgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind;
• ’n wye verskeidenheid fiksie en niefiksietekste aan te bied volgens eietydse temas;
• ’n formele assesseringsprogram vir graad 9, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering voor te stel; en
• aanvullende hulp- en ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese take van die Afrikaansonderwyser, asook ’n groot verskeidenheid volkleur plakkate vir die onderwyserslêer en onderrigdoeleindes.

Ons weet die Piekfyn Afrikaans-reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om Afrikaans te onderrig.
€11.99
Modalità di pagamento
Lingua Afrikaans ● Formato PDF ● Pagine 391 ● ISBN 9781775893325 ● Dimensione 6.2 MB ● Età 17-15 anni ● Casa editrice Best Books ● Pubblicato 2014 ● Edizione 1 ● Scaricabile 24 mesi ● Moneta EUR ● ID 4770957 ● Protezione dalla copia Adobe DRM
Richiede un lettore di ebook compatibile con DRM

11.080 Ebook in questa categoria