Kanta pembesar
Cari Loader

Pengarang: Arien van der Merwe

Sokongan
Dr. Arien van der Merwe – MBCh B (Pretoria), FRSPH (Londen), MISMA (VK), NHA (SA) – is ’n mediese dokter wat in welwees in die werkplek, asook liggaam-gees en holisties geïntegreerde geneeskunde en medisyne, stresbestuur en langlewendheid spesialiseer. Hierdie internasionaal bekende holistiese gesondheidskenner en alombekende, ervare spreker en opleier is ook ’n topverkoperskrywer van wie 22 boeke en opleidingshandleidings oor gesondheid en welwees al internasionaal uitgegee is. Sy spesialiseer sedert 1998 in gesondheid en welwees in die werkplek. Sy fasiliteer kursusse, ondersteuningsgroepe en seminare oor diabetes en verwante gesondheidsuitdagings, soos metaboliese sindroom en insulienweerstandigheid. Dr. Arien het onlangs die Timeless DNA™ Program ontwikkel om mense in te lig en op te voed oor hoe om 120 jaar (ons natuurlike lewensduur!) lank gesond en gelukkig te leef en die konsep van skoonheid van binne, skoonheid van buite en skoonheid van wees te beliggaam. Dr. Arien is by die Natural Healers Association (NHA) as opleier en praktisyn in etnomedisyne in die veld van tradisionele gesondheidsorg geregistreer. Sy is ’n genoot van die Royal Society of Public Health (FRSPH, Londen) en lid van die internasionale stresbestuursvereniging (MISMA) se tak in die Verenigde Koninkryk. Dr. Arien skryf en dien gereeld as raadgewer vir baie plaaslike tydskrifte en koerante, en verskyn ook op talle nasionale radio- en televisieprogramme as gas. Sy is die direkteur van Health Stress Management Gauteng (Edms.) (Bpk.) en eienaar van Healthy Living Space, wat in Pretoria gebaseer is, asook aanlyn by www.Dr Arien.co.za.




2 Ebooks by Arien van der Merwe

Arien van der Merwe: Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies
Na raming het meer as 3, 5 miljoen Suid-Afrikaners diabetes. Wêreldwyd het ongeveer 150 miljoen mense metaboliese sindroom (wat diabetes insluit) en dit dikwels sonder dat hulle dit eers weet … …
EPUB
Afrikaans
DRM
€13.99
Arien van der Merwe: Managing diabetes and related health challenges
With more than 3, 5 million South Africans having diabetes and more than 150 million worldwide with metabolic syndrome (which includes diabetes), often undiagnosed, this book comes at exactly the …
EPUB
Inggeris
DRM
€13.99