Kanta pembesar
Cari Loader

Dalene Matthee 
Kringe in ‘n bos 

Sokongan
Saul Barnard is ‘n houtkapper met ‘n rustelose siel – hy wil vreemdes uit die Bos hou en die vernietiging van die Bos probeer keer. Dan is daar ‘n legendariese olifantbul – Oupoot – wat losbreek van sy trop … Oupoot en Saul het ‘n vreemde band tussen hulle. In die groen skemerwêreld van die Outeniekwa loop hulle kringpaaie. Saul Barnard, deur sy mense verwerp en deur gewetenlose houtkopers tot kneg verneder; Oupoot, eindeloos agtervolg deur jagters. ‘n Man en sy dier-broer – saamgegooi in ‘n ongerepte oerbos, wat stuk vir stuk deur gouddelwers, boskappers en ander uitroeiers vernietig word. Saul volg Oupoot se spoor, al nader aan die waarheid wat sy lewe vir altyd sal verander.
€14.99
cara bayaran

Mengenai Pengarang

Dalene Matthee (gebore Scott) is op 13 Oktober 1938 op Riversdal gebore. Sy het in 1957 daar gematrikuleer, en aan ’n musiekskool op Oudtshoorn en by die Holy Cross Covent op Graaff-Reinet musiekopleiding ontvang.
Voordat sy oornag roem verwerf het met haar eerste Bosroman, het Dalene tydskrifverhale geskryf en twee populêre romans gepubliseer: ’n Huis vir Nadia (1982) en Petronella van Aarde, Burgemeester (1983). Haar eerste boek was ‘n kinderverhaal, Die twaalfuurstokkie (1970), en in 1982 het daar ook van haar ’n bundel kortverhale, Die Judasbok, verskyn.
Kringe in ’n bos (1984), haar roman oor die uitwissing van olifante en die uitbuiting van houtkappers in die Knysna-bos, was ’n internasionale sukses. Nog drie Bos-boeke het gevolg: Fiela se kind (1985), Moerbeibos (1987) en Toorbos (2003). In 1993 het Brug van die esels verskyn en in 1995 Susters van Eva. Haar roman, Pieternella van die Kaap, het in Maart 2000 verskyn.
Dalene Matthee se boeke is in sowat veertien tale vertaal, onder meer Frans, Duits, Spaans, Italiaans, Hebreeus en Yslands. Sy het die ATKV-prys vir goeie gewilde prosa vier keer verower, en in 1993 het sy in Zürich ’n Switserse literatuurprys ontvang vir haar “lewenskragtige literêre werk en haar hartstogtelike belangstelling in natuurbeskerming”.
Dalene Matthee sterf op Sondag, 20 Februarie 2005 in Mosselbaai nadat sy vir hartversaking behandel is.
Bahasa Afrikaans ● Format EPUB ● Halaman-halaman 308 ● ISBN 9780624065579 ● Saiz fail 2.5 MB ● Penerbit Tafelberg ● Diterbitkan 1984 ● Edisi 1 ● Muat turun 24 bulan ● Mata wang EUR ● ID 4534527 ● Salin perlindungan Adobe DRM
Memerlukan pembaca ebook yang mampu DRM

Lebih banyak ebook daripada pengarang yang sama / Penyunting

699,380 Ebooks dalam kategori ini