Kanta pembesar
Cari Loader

Jacques Steenkamp 
Die Griekwastad Moorde 
Die misdaad wat Suid-Afrika geruk het

Sokongan
Adobe DRM
perlindungan daripada Jacques Steenkamp: Die Griekwastad Moorde (ePUB)
NUWE UITGAWE: SLUIT DIE VONNISOPLEGGING IN EN MAAK VIR DIE EERSTE KEER DIE MOORDENAAR SE IDENTITEIT BEKEND …Die vrede en stilte in die Noord-Kaapse dorpie Griekwastad is kort ná skemer op Goeie Vrydag, 6 April 2012, versteur toe ’n tienerseun in sy pa se Isuzu-bakkie die dorp ingejaag het en met skreeuende remme voor die byna verlate polisiestasie tot stilstand gekom het. Dit was net voor 19:00 toe Don Steenkamp, net in sy swart rugbybroek en vol bloed, uit die voertuig gespring het en die aanklagkantoor binnegestorm het met die nuus dat sy ouers en suster op die familieplaas Naauwhoek wreedaardig geskiet en vermoor is. Alhoewel daar aanvanklik gedink is dat die moorde net nóg ’n plaasaanval was, is Don maande later vir die moorde gearresteer. Dit het ’n proses aan die gang gesit wat Suid-Afrika sou meesleur en die mense van Griekwastad onderling sou verdeel. Hierdie storie is die aangrypende verhaal, gebaseer op onderhoude met al die betrokkenes insluitende die ondersoekbeamptes, die forensiese en ballistiese deskundiges, asook familie en vriende van die oorledenes, van wat werklik op daardie noodlottige dag op die plaas Naauwhoek gebeur het, soos vertel deur die verslaggewer wat eerste daaroor berig het …
€9.37
cara bayaran
Bahasa Afrikaans ● Format EPUB ● Halaman-halaman 400 ● ISBN 9781770228511 ● Penerbit Penguin Random House South Africa ● Diterbitkan 2014 ● Muat turun 3 kali ● Mata wang EUR ● ID 5987285 ● Salin perlindungan Adobe DRM
Memerlukan pembaca ebook yang mampu DRM

Lebih banyak ebook daripada pengarang yang sama / Penyunting

4,381,938 Ebooks dalam kategori ini