Kanta pembesar
Cari Loader

Kristel Loots 
”n Lipstiek-lewe 

Sokongan
Adobe DRM
perlindungan daripada Kristel Loots: ''n Lipstiek-lewe (ePUB)
Op haar een-en-dertigste verjaarsdag besluit Roxy: van nou af wil sy ’n lipstiek-lewe hê, ’n roekelose skelrooi lipstiek-lewe. Want een-en-dertig is die eerste tree ondertoe. Van hier af is dit al die pad afdraand.Só ’n lewe behoort nie ’n probleem te wees nie; almal dink in elk geval sy is “flirty” en uitgesproke – grotendeels weens haar blog wat sy onder die skuilnaam Jessica Rabbit skryf. Haar kollega Zander dink sy is Jessica Rabbit in lewende lywe: so sensueel dat sy ’n nat lap aan die brand kan steek. Maar Roxy voel allesbehalwe sensueel. En sy het ’n geraamte of twee in haar kas wat haar flankeerdery en verhoudings elke keer beduiwel.Wanneer Zander se pa, die bekende motiveringspreker Adam Muller, op die toneel verskyn, raak Roxy se lipstiek-lewe nog meer deurmekaar. Zander wil hê sy moet voorgee dat hulle twee uitgaan, en Adam keur dit duidelik nie goed nie. Daar is kleine Janneman wat haar diep in sy kleuterwêreld en -hartjie intrek. En ná al die jare verstaan Roxy en haar ma mekaar nog steeds verkeerd. Nee, méér as net verkeerd. Die enigste sekerheid in Roxy se nuutgevonde lipstiek-lewe blyk Oumalot te wees – totdat dié ook in raaisels begin praat.Of dit nou waatlemoenrooi, skelrooi, posbusrooi of kersierooi is – Roxy se lipstiek begin al meer na oorlogsverf lyk. . .
€8.73
cara bayaran
Bahasa Afrikaans ● Format EPUB ● Halaman-halaman 379 ● ISBN 9780624057017 ● Penerbit Media24 Books ● Diterbitkan 2010 ● Muat turun 3 kali ● Mata wang EUR ● ID 4534014 ● Salin perlindungan Adobe DRM
Memerlukan pembaca ebook yang mampu DRM

Lebih banyak ebook daripada pengarang yang sama / Penyunting

260,611 Ebooks dalam kategori ini