Kanta pembesar
Cari Loader

Sarah du Pisanie 
Sarah du Pisanie Omnibus 11 

Sokongan
In Liefde per dosyn moet musiekonderwyseres Christa van Graan teen haar sin op ʼn afgeleë plaas gaan skoolgee. Dis nie die elf seuns vir wie sy klasgee wat haar pla nie, maar eerder die baas van die plaas, baron Von Leipsig, wat haar teen die bors stuit. Sou hy haar ná al die jare onthou? En is hy steeds so ʼn gemene buffel?
In Waar die Suiderkruis hang pak agtienjarige weesmeisie Katrien Kruger die lang, gevaarlike pad Duitswes toe saam met die Liebenberg-gesin aan. Vandat sy vir hulle begin werk het, het die Liebenbergs soos familie geword. Dis net aan Faan, die middelste Liebenberg-seun, wat Katrien nie as ʼn broer wil dink nie. Maar hy het net oë vir Helena Pretorius met haar verfynde afrondingskoolmaniertjies.
In ʼn Vrou vir Herman soek beesboer Herman van Rensburg ʼn vrou soos sy ouboet s’n – Magriet wat sy voete onder hom uitgeslaan het. In die Boland leer hy die jong perde-afrigter Estie ken en geniet haar geselskap, maar dis die toekomstige eienares van die plaas waarop hy tydelik werk kry, Leana met die gesofistikeerde maniertjies en wulpse vroulikheid, wat sy hart wild in sy borskas laat tamboer slaan…
€12.99
cara bayaran

Mengenai Pengarang

Sarah du Pisanie het al meer as dertig liefdesverhale gepubliseer, en skryf steeds nuwes. Sy woon op Olifantshoek.
Bahasa Afrikaans ● Format EPUB ● Halaman-halaman 512 ● ISBN 9780624072867 ● Saiz fail 0.6 MB ● Penerbit Tafelberg ● Diterbitkan 2015 ● Edisi 1 ● Muat turun 24 bulan ● Mata wang EUR ● ID 4535118 ● Salin perlindungan Adobe DRM
Memerlukan pembaca ebook yang mampu DRM

Lebih banyak ebook daripada pengarang yang sama / Penyunting

699,325 Ebooks dalam kategori ini