Kanta pembesar
Cari Loader

Susan Pienaar 
Onverwags myne 

Sokongan
Adobe DRM
perlindungan daripada Susan Pienaar: Onverwags myne (ePUB)
Die suksesvolle Kaapse sakeman Leonardo Anderson word onverwags as Suid-Afrika se hubaarste vrygesel aangewys. Hy besluit om eerder in die noorde te gaan wegkruip – ’n onvleiende nuwe haarstyl en lelike klere behoort mense se belangstelling af te weer. Amanda Toerien hou nie van aantreklike mans nie, want sy weet alte goed – ’n mooi man is almal s’n. Haar nuwe buurman is egter ’n regte bleeksiel en sy het ’n sterk behoefte om hom uit sy kluisenaarsbestaan te red. Leonardo weet dat hy moet wegbly van die mooie Amanda af. Maar daar begin ’n pragtige vriendskap tussen die twee ontwikkel en mettertyd kan hulle nie hul oë of hande van mekaar afhou nie. Hy leef ’n leuen en die waarheid kan dinge tussen hulle lelik beduiwel. Dalk kan hulle tog aan ’n ooreenkoms dink wat vir beide partye tot voordeel sal strek? Dit blyk dat Amanda se eks nie wil aanvaar dat dinge tussen hulle verby is nie. Boonop beweeg Leonardo in eksklusiewe kringe: Sal Amanda kan aard tussen die Kaapse elite?
€4.99
cara bayaran

Mengenai Pengarang

Susan Pienaar is in Port Elizabeth gebore en het as kind oraloor Suid-Afrika gewoon. Sy het in Johannesburg gematrikuleer en het haar daarna in Bloemfontein in kantooradministrasie bekwaam. Sy het dekades lank in Bethlehem gebly voor sy onlangs na Johannesburg verhuis het.
Bahasa Afrikaans ● Format EPUB ● Halaman-halaman 224 ● ISBN 9780624085676 ● Saiz fail 0.3 MB ● Penerbit Tafelberg ● Diterbitkan 2018 ● Edisi 1 ● Muat turun 24 bulan ● Mata wang EUR ● ID 6391447 ● Salin perlindungan Adobe DRM
Memerlukan pembaca ebook yang mampu DRM

Lebih banyak ebook daripada pengarang yang sama / Penyunting

708,403 Ebooks dalam kategori ini