Kanta pembesar
Cari Loader

Tobie Wiese 
Wreed en mooi is die dood 
Verhale oor verlies, hunkering en heling

Sokongan
Al is die dood ‘n feit soos ‘n koei, vermy die meeste van ons dit om daaroor te dink of te praat. Hierdie boek probeer om dié stilte te verbreek.
In Wreed én mooi is die dood deel bekende Afrikaanse skrywers hulle verhale oor verlies en heling. Dit bied insig in hoe om die trauma van ‘n geliefde se dood te hanteer en jou eie sterflikheid te konfronteer.
Só skryf Marita van der Vyver roerend oor haar babaseun se dood, terwyl Valda Jansen beskryf hoe sy aanvanklik lamgelê is deur die nuus dat sy kanker het en Kerneels Breytenbach vertel hoe sy vrou se sterwe hom tot selfkennis gelei het.
‘n Jong paramedikus berig oor sy gereelde ontmoetings met die dood en ‘n sterwensbegeleier vertel hoe dit moontlik is om hierdie wêreld blymoedig te verlaat. Daar is selfs ‘n bietjie humor… soos die storie oor die jong dominee wat in ‘n leë graf beland het en Annelie Botes se lang lys voorskrifte vir haar begrafnis.
Die dood is wreed ja, maar dit kan – verrassend genoeg ̶ ook mooi wees.
€12.99
cara bayaran

Mengenai Pengarang

Tobie Wiese is skrywer, medeskrywer en samesteller van etlike boeke oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe van geskiedenis en motorfietsry tot spioenasie. Dit sluit in die topverkoper Geheime Revolusie, asook Vreedsame Revolusie (geskryf namens Niël Barnard), Die Bike-boek (samesteller) en Die verhaal van Elandskloof.
In sy lang loopbaan as joernalis het Tobie in verskillende hoedanig-hede by Volksblad, Die Burger, Huisgenoot (nuusredakteur) en Insig (adjunkredakteur) gewerk. Hy is al met Pica – en Mondi-toekennings bekroon vir sy skryfwerk.
Tobie het ook by die Departement Joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch klasgegee.
Bahasa Afrikaans ● Format EPUB ● Halaman-halaman 264 ● ISBN 9781868429448 ● Saiz fail 0.6 MB ● Penerbit Jonathan Ball ● Bandar raya London ● Negara GB ● Diterbitkan 2019 ● Muat turun 24 bulan ● Mata wang EUR ● ID 6993422 ● Salin perlindungan Social DRM

Lebih banyak ebook daripada pengarang yang sama / Penyunting

697,340 Ebooks dalam kategori ini