Vergrootglas
Zoek lader

Braam le Roux & Dewald Brink 
Vlam van die Laeveld 

Ondersteuning

VLAM VAN DIE LAEVELD – WOESTE LAEVELD REEKS




Weet u dat Suid-Afrika ook sy eie, egte “cowboy”-tydperk gehad het…? Hier is dit in aksiebelaade stories!




Dit was in die dae toe vroue “skaars en duur artikels” was. Toe wilde avonturiers uit die buiteland in honderdtalle die land binne gekom het en toe vee-smokkelaars en diewe met goud, sterk drank en blitsende rewolwers dikwels ’n hele gemeenskap regeer het. In die wilde, woeste Oos-Transvaal, waar die eerste groot goudontdekkings in Suid-Afrika gemaak is, het hierdie dinge gebeur.




Daar was vurige, hartstogtelike meisies, soos Juanita, wat bereid was om siel en liggaam op te offer aan die man wat hulle lief gekry het.




En daar was kêrels soos Johan Grimbeek, met sy kalme, deurvorsende blik en sy sagte gespierde tred. Wat meedoënloos, honderde myle ver op die spoor van ’n moordenaar sal bly soek en vra en luister totdat hy hom opspoor, en dan spring die rewolwer aan sy sy blitsvinnig in aksie, “vinniger as wat ’n mamba kan pik…” ’n Man wat selfs nie deur die wildste en roekeloosste liefde van ’n meisie van die spoor afgelei kan word nie…




Hierdie verhaal is ’n merkwaardigste, romantiese spanningsverhaal wat nog in Afrikaans gepubliseer is.

€8.22
Betalingsmethoden
Taal Afrikaans ● Formaat EPUB ● Pagina’s 243 ● ISBN 9781928498636 ● Bestandsgrootte 1.8 MB ● Editor Pieter Haasbroek ● Uitgeverij Pieter Haasbroek ● Land GB ● Gepubliceerd 2021 ● Downloadbare 24 maanden ● Valuta EUR ● ID 8202454 ● Kopieerbeveiliging zonder

Meer e-boeken van dezelfde auteur (s) / Editor

83.010 E-boeken in deze categorie