Lupa
Search Loader

Bettie Naudé 
Saartjie se slim plan (#6) 

Apoio
Adobe DRM
Capa do Bettie Naudé: Saartjie se slim plan (#6) (ePUB)
Saartjie Baumann is ’n rabbedoe, maar sy besluit op ’n dag sy wil darem ook voel hoe dit is om ’n modepop te wees wat deur al wat ’n man is met bewondering aangestaar te word. Sy en haar twee boesemvriendinne, Anna en Lina, kry haar ma se grimering beet en dan klop Galpil aan die deur. Saartjie is seker sy gaan sy voete onder hom uitslaan, maar sy reaksie is nie wat sy verwag het nie en die arme kêrel word daarna vir dae lank geïgnoreer. As straf vir die feit dat sy haar ma se grimering sonder toestemming gebruik het, moet die blouoog perskes skil. Sy besluit egter om hulp in te roep en dis nie lank nie of Lynnekom se kinders wedywer met mekaar in die eetkompetisie van die jaar. ’n Hooghartige nuwe meisie wat van die intrapslag af met Saartjie kompeteer, nooi die Drie Muskiete na ’n deftige partytjie toe en hulle besluit om te gaan, ten spyte van Galpil se waarskuwing dat iets nie pluis is nie. Tydens hierdie geleentheid word ons heldin se gawe om slim planne te beraam tot die uiterste beproef …
€6.49
Métodos de Pagamento
Língua Afrikaans ● Formato EPUB ● Páginas 120 ● ISBN 9780798154567 ● Tamanho do arquivo 0.2 MB ● Idade 17-12 anos ● Editora Human & Rousseau ● Publicado 2011 ● Edição 1 ● Carregável 24 meses ● Moeda EUR ● ID 2488516 ● Proteção contra cópia Adobe DRM
Requer um leitor de ebook capaz de DRM

Mais ebooks do mesmo autor(es) / Editor

54.608 Ebooks nesta categoria