Lupa
Search Loader

Cecilia Steyn 
Die eks-noodgeval 

Apoio
Adobe DRM
Capa do Cecilia Steyn: Die eks-noodgeval (ePUB)
Alana de Koker het die Kaap vir die Goudstad verruil om oor te begin. Sy wil haar aandag uitsluitlik toespits op haar nuwe werk in die trauma-eenheid. Sy móét hard en voortdurend werk, nuwe uitdagings aanvaar en bemeester: enigiets om die duiwels uit haar kop te hou. Dan hoor sy ’n bekende stem agter een van die gordyne by ongevalle. Op die bed lê die laaste persoon op aarde wat sy wou sien. Braam Smit is steeds so aantreklik op sy sorgelose manier. Na vyf jaar moet sy haarself steeds herinner om kalm te bly wanneer hy net na haar kyk. Braam is nie die man vir haar nie. Haar kop kan tog nie verkeerd wees nie? Hoekom voel dit dan of haar hart en lyf ander idees het? Dis ’n ander Alana wat nou voor Braam staan. En sy sal als in haar vermoë doen om seker te maak hy sien nie dat haar wonde steeds rou is nie.
€4.99
Métodos de Pagamento

Sobre o autor

Cecilia Steyn is sedert 2017 voltyds skrywer. Sy het reeds verskeie gewilde jeugboeke die lig laat sien, o.m. ​Tienerharte 3: Hartedief, waarvoor sy ’n ATKV-Woordveertjie gewen het. Sy en haar man woon in Orkney. Die eks-noodgeval is haar eerste Hartklop-liefdesverhaal.
Língua Afrikaans ● Formato EPUB ● Páginas 224 ● ISBN 9780624085744 ● Tamanho do arquivo 0.3 MB ● Editora Tafelberg ● Publicado 2018 ● Edição 1 ● Carregável 24 meses ● Moeda EUR ● ID 6450268 ● Proteção contra cópia Adobe DRM
Requer um leitor de ebook capaz de DRM

Mais ebooks do mesmo autor(es) / Editor

701.765 Ebooks nesta categoria