Lupa
Search Loader

Deon Lamprecht 
Die Brug 
Na die hel en terug in Angola

Apoio
In vergeelde foto’s van drie dekades gelede staan oop gesigseuns vol bravade voor hul Ratel-gevegsvoertuie. Hierdie dienspligtiges van 61 Gemeganiseerde Bataljon Groep staan aan die begin van hul reis diep in Angola in om vir volk en vaderland te gaan veg.
In ‘n bloedige geveg op Valentynsdag 1988 en in die doods akker by Tumpo sou hul jeugdige onskuld egter sneuwel. In die hitte van die gevegte kom die besef: Nou gaan dit nie oor ideologie nie, maar om oorlewing.
Ná die oorlog gaan die lewe voort, maar die vrae en geestelike letsels wyk nie. In 2018 keer ‘n groep van dié ouddienspligtiges terug na Cuito Cuanavale op soek na afsluiting – en om die wrak te vind van die Ratel waarin ‘n makker op die laaste dag van die oorlog gesterf het.
Die Brug vertel van hul reis van jong man na veteraan en gee ook ‘n stem aan die vroue in hul lewe. Dit is ‘n verhaal van ontnugtering, maar ook van trotse kameraderie en genesing.
€12.49
Métodos de Pagamento

Sobre o autor

DEON LAMPRECHT is ’n joernalis en die skrywer van die top verkoper Tannie Pompie se oorlog.
Língua Afrikaans ● Formato EPUB ● Páginas 240 ● ISBN 9781928248095 ● Tamanho do arquivo 2.0 MB ● Editora Jonathan Ball ● Cidade London ● País GB ● Publicado 2020 ● Carregável 24 meses ● Moeda EUR ● ID 7479966 ● Proteção contra cópia DRM social

Mais ebooks do mesmo autor(es) / Editor

9.840 Ebooks nesta categoria