Lupa
Search Loader

Fransi Phillips 
Liefde in die tyd van die internet 

Apoio
Adobe DRM
Capa do Fransi Phillips: Liefde in die tyd van die internet (ePUB)
Al sê haar shrink nou ook wát, Hanna weet sy werk basies as prostituut. Om uit haar nagmerrie-verhouding en -werk by Pretoria se goorste prokureur te ontsnap, kry Hanna werk as Engelsonderwyser in Moskou – met die raad en hulp van skrywer-karakter Fransi Phillips, wat self in Moskou Engels gee en Hanna as storiekarakter wil inspan. Daar gekom, is een van Hanna se eerste Skype-leerders die onweerstaanbare Nureyev lookalike Wolf79, ’n skeepsmagnaat en man van formaat. Maar sy’t dan juis Rusland toe gevlug om haar as professionele vrou te kom bewys, nie om halsoorkop verlief te staan en raak nie! En wat voer Phillips anyway in die mou met haar Hanna-karakter? Om nie te praat nie van die doos van ’n verloofde wat Hanna in Pretoria agtergelaat het . . .In hierdie verruklike stadsprokie vir grootmense gaan die leser verras word, lê van die lag, dalk ongemaklike nuwe gedagtes dink, en régdeur tonekrul-lekkerkry vir die mees oorrompelende romanse nóg.
€12.99
Métodos de Pagamento

Sobre o autor

Fransi Phillips skryf sedert die 80s aweregse Afrikaanse fiksie in allerlei genres. Sy het in Pretoria studeer en as kunsjoernalis en kulturele raadgewer gewerk. Tans bly sy naby Moskou, waar sy Engels gee. Haar roman Net ’n lewe is in 2012 gekortlys vir die M-Net- en UJ-pryse. Liefde in die tyd van die internet is haar eerste roman in sewe jaar.
Língua Afrikaans ● Formato EPUB ● Páginas 224 ● ISBN 9780795801693 ● Tamanho do arquivo 0.4 MB ● Editora Queillerie ● Publicado 2018 ● Edição 1 ● Carregável 24 meses ● Moeda EUR ● ID 6404467 ● Proteção contra cópia Adobe DRM
Requer um leitor de ebook capaz de DRM

Mais ebooks do mesmo autor(es) / Editor

708.403 Ebooks nesta categoria