Lupa
Search Loader

Johan Badenhorst & Alma Badenhorst 
Voetspore 2 
‘n kookboek vir 4×4-entoesiaste

Apoio
Adobe DRM
Capa do Johan Badenhorst & Alma Badenhorst: Voetspore 2 (ePUB)
Wie kan gaan krokodille kyk of ‘n voertuig uit die modder sleep op ‘n leë maag?

Johan Badenhorst en sy span het onlangs die agtste reeks, Voetspore op die Ewenaar, voltooi. Maar sulke reise kos fyn beplanning, veral wat die spys en drank betref.

Johan en sy vrou, Alma, put uit ondervinding wanneer hulle dié eenvoudige maar watertandlekker resepte met jou deel. Alles word gemaak van een goed uitgewerkte inkopielys; jy koop net die vars produkte langs die pad aan soos jy kan.

Hoogtepunte om die honger avonturier te versterk sluit in Keniaanse vermicelli-brood, pangebraaide oesters, hoender-flambé met whiskey, Cajun-kabeljou en natuurlik iets vir die soettand. Al die resepte dui die bereidings- en gaarmaaktyd aan sodat jy self kan besluit hoeveel tyd jy het voor die son sak. Die kookboek pas gemaklik in jou voertuig se paneelkissie – en is net so belangrik soos jou domkrag, noodwiel en sleeptou.
€13.99
Métodos de Pagamento

Sobre o autor

Alma is aktief betrokke by die Voetspore produksies waar sy optree as finansiele bestuurder, en sy is ’n kraninge kok wat Johan bystaan in die voorbereiding en identifisering van die Voetspore spyskaart.
Língua Afrikaans ● Formato EPUB ● Páginas 173 ● ISBN 9780798163330 ● Tamanho do arquivo 2.7 MB ● Editora Human & Rousseau ● Publicado 2014 ● Carregável 24 meses ● Moeda EUR ● ID 4754055 ● Proteção contra cópia Adobe DRM
Requer um leitor de ebook capaz de DRM

Mais ebooks do mesmo autor(es) / Editor

2.722 Ebooks nesta categoria