Lupa
Search Loader

Rudie Van Rensburg 
Medusa 

Apoio
Adobe DRM
Capa do Rudie Van Rensburg: Medusa (ePUB)
’n Ongekende vuur brand in Kassie Kasselman se binneste. Hy en Rooi Els het nog nooit só ’n saak hanteer nie. Die sterk emosies wat hy ervaar, stem hom onrustig. Reeds as groentjiespeurder het Kassie geleer dat jy te alle tye afsydig moet staan van ’n saak sodat dit jou nie emosioneel oorweldig nie. Anders maak jy oordeelsfoute. Maar hierdie saak laat dit nie toe nie. Dit krioel in sy binneste soos ’n bondel giftige slange. Die gedagte aan die kinders, aan wat hulle moet meemaak . . . Boonop voel dit of elke leidraad soos ’n geelwortel voor hulle neuse geswaai word, maar sodra hulle dit waag om daarna te hap, is daar niks. Die saak seil onder hom en Rooi uit. Hulle kan die glibberige spoor net-net in die verte sien kronkel. En die slagoffers gil desperaat om hulp . . . In Medusa boor Rudie van Rensburg ’n nuwe, donkerder aar oop vir ons geliefde speurder kaptein Kassie Kasselman. Daar’s mensehandel en psigopatie om mee handgemeen te raak – en kinderlewens op die spel.
€14.99
Métodos de Pagamento

Sobre o autor

Rudie van Rensburg woon in Kaapstad en het al ses gewilde spanningsverhale geskryf: Slagyster, Kopskoot, Judaskus, Pirana, Kamikaze en Ys, en die komiese roman Hans steek die Rubicon oor. Kamikaze was die 2018-wenner van die ATKV Woordveertjie vir Spanningsfiksie.
Língua Afrikaans ● Formato EPUB ● Páginas 352 ● ISBN 9780795801846 ● Tamanho do arquivo 0.4 MB ● Editora Queillerie ● Publicado 2019 ● Edição 1 ● Carregável 24 meses ● Moeda EUR ● ID 6867983 ● Proteção contra cópia Adobe DRM
Requer um leitor de ebook capaz de DRM

Mais ebooks do mesmo autor(es) / Editor

106.732 Ebooks nesta categoria