Lupa
Search Loader

Rudie Van Rensburg 
Vloek 

Apoio
Adobe DRM
Capa do Rudie Van Rensburg: Vloek (ePUB)
In Rudie van Rensburg se eerste Kassie Kasselman-roman, Slagyster, ontmoet ons vir Carl Bester, gevalle oudspeurder. Slagyster eindig waar hy op vlug gaan ná hy geld gesteel het waarop in ’n dwelmsaak beslag gelê is. In Vloek is Carl terug. Ná ’n dekade word hy skielik gevrywaar van vervolging. Hy kan terugkom na SA – sy bannelingstatus uitgewis, maar teen ’n prys. “Ons vergeet van jou sondes in ruil vir ’n teenprestasie, ” sê sy nuwe werkgewer. Hy moet ’n saak van internasionale belang help ontrafel – een wat met lyke besaai lê. Carl se polisiedae lê ver in die verlede. Nou sal hy sy skadukant finaal moet afskud en weer soos ’n volbloedspeurder redeneer om dié saak saam met ’n spul rookies op te los. Sal dié berugte rokjagter ook die versoeking weerstaan om betrokke te raak by ’n beeldskone kollega? En dan is daar die neo-Nazi uit Carl se verre verlede. Gevul met die “heilige krag van die Führer” is hy vasbeslote om wraak te neem op die man wat hom agter tralies laat beland het.
€14.99
Métodos de Pagamento

Sobre o autor

Rudie van Rensburg woon in Kaapstad en het al sewe gewilde spanningsverhale geskryf: Slagyster, Kopskoot, Judaskus, Pirana, Kamikaze, Ys en Medusa, en die komiese roman Hans steek die Rubicon oor. Kamikaze was die 2018-wenner van die ATKV Woordveertjie vir Spanningsfiksie.
Língua Afrikaans ● Formato EPUB ● Páginas 384 ● ISBN 9780795801983 ● Tamanho do arquivo 2.0 MB ● Editora Queillerie ● Publicado 2019 ● Edição 1 ● Carregável 24 meses ● Moeda EUR ● ID 7136472 ● Proteção contra cópia Adobe DRM
Requer um leitor de ebook capaz de DRM

Mais ebooks do mesmo autor(es) / Editor

701.765 Ebooks nesta categoria