Lupă
Încărcător de căutare

André P. Brink 
Lobola vir die lewe 

Ajutor
Lobola vir die lewe is die werk waarmee André P. Brink in 1962 sy eerste enorme bydrae gelewer het tot “die vernuwing van Sestig”. Hierdie e-boekuitgawe bied die eerste e-boekvorm van dié belangrike roman in die Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Met Lobola vir die lewe was daar meteens ’n Afrikaanse roman wat in vorm en inhoud iets nuuts gedurf het – ’n roman wat krities staan teenoor die eie en die verlede, eksistensiële temas ondersoek, op verskillende vlakke beweeg, méér van die leser verg. Dit is ’n aanduiding van die roman se trefkrag dat hy vandag nog steeds modern aandoen, die leser nog steeds beetpak op ’n manier wat min latere romans dit kan doen. Lobola vir die lewe vertel die verhaal van François Raubenheimer, ’n buitestanderfiguur wat as jong man uitvind dat hy ’n aangenome kind is. So begin ’n soeke na identiteit wat hom onder meer na Europa neem. Terug in Suid-Afrika maak hy in Kaapstad kennis met die oudsoldaat Hendrik Karel Serfontein en knoop ’n verhouding aan met Marie Groenewald, met noodlottige gevolge.
€14.99
Metode de plata

Despre autor

André P. Brink is een van die mees veelsydige figure en een van die mees bekroonde skrywers in die Suid-Afrikaanse literêre bedryf: romanskrywer, dramaturg, reisverhaalskrywer, vertaler, letterkundige, kritikus, mentor, professor en polemikus. Sy romans is in meer as 30 tale vertaal, insluitend Serbo-Kroaties, Japanees, isi Xhosa en Vietnamees. Hy is reeds twee keer met die Hertzogprys bekroon – vir sy drama Die jogger en vir sy roman Donkermaan. As romanskrywer het André Brink ook verskeie internasionale eerbewyse ontvang. Hy is onder meer twee keer vir die Bookerprys in Brittanje genomineer en was ook reeds verskeie kere sedert 1979 op die kortlys vir die Nobelprys.
Limba Africană ● Format EPUB ● Pagini 192 ● ISBN 9780798167345 ● Mărime fișier 0.4 MB ● Editura Human & Rousseau ● Publicat 2014 ● Ediție 1 ● Descărcabil 24 luni ● Valută EUR ● ID 4754100 ● Protecție împotriva copiilor Adobe DRM
Necesită un cititor de ebook capabil de DRM

Mai multe cărți electronice de la același autor (i) / Editor

42.774 Ebooks din această categorie