Lupă
Încărcător de căutare

Braam Le Roux 
Ruiters van die Dood 

Ajutor

RUITERS VAN DIE DOOD – WOESTE LAEVELD REEKS




Hierdie verhaal, soos ook die ander in die reeks, speel af in die tagtigerjare van die vorige eeu toe Barberton, in die bergwêreld van die Oostelike Transvaal, nog wild en woes was. Fortuinsoekers het uit verre oorde die aarde kom omdolwe op soek na goud. En te midde van geldsug en ’n koorsagtige gejaag om ryk te word, het hartstogte opgevlam. Haat, weerwraak en jaloesie was stukragte wat die mens tot die uiterste gedryf het. Wet en orde kon nie altyd behoorlik toegepas word deur die geringe polisiemag wat toe bestaan het nie. Die opperheerskappy van die rewolwer, geweer en dolk het meestal deurslag gegee in die stryd tussen reg en onreg en was deur baie beskou as die eintlike wet. Maar te midde van hierdie ruwe era en wilde hartstogte, was daar ook die mooi ontplooiing van liefde tussen man en vrou, waar innige emosies soms deurstrengel geraak het met siedende wraaklus, moord en vernielsug.




In hierdie laaste opwindende woeste weste reeks verhale uit die pen van Braam le Roux, ontsnap daar ʼn gevangene uit die tronk. Snel Benecke het net een doel voor oë en dit is om hom te wreek op die man, wat hy glo hom ontneem het van sy erfporsie, asook ʼn groot skat wat hy iewers versteek het net voor hy tronk toe is. Die persoon wat Snel wil doodmaak is die polisie-agent Frans Verwey, wat vir Snel gearresteer het vir beesdiefstal en strafbare manslag. Hein Brandis het intussen ook ʼn polisie agent geword en saam word die twee uitgestuur om te gaan ondersoek instel na iemand wat in ʼn hut verbrand het. Hein glo nie die identiteit van die oorledene nie en nie lank nie of iemand wat hy ken, bevestig ook sy vermoede in die verband. Die “oorlede” man beraam ʼn aaklige plan deur ʼn goeie vriend van Hein te vermoor en dan die blaam op Hein te plaas. Hy kry dit ook reg en Hein moet later uit die tronk ontsnap met behulp van ʼn paar getroue vriende, om te gaan soek na die man wat sy vriend vermoor het en ook om sy eie naam in ere te stel. Tussendeur is daar ook twee beeldskone vroue wat konstant meeding om Hein se aandag en maar min ooghare het vir mekaar. Die noodlot is egter teen Hein en verloor hy nog iemand baie na aan hom. Op vlug van die gereg wat hom voëlvry verklaar het asook skurke wat sy dood soek, het Hein sy hande behoorlik vol om lewend te bly en wraak te neem op die persoon wat twee van sy vriende vermoor het. Gou klap die vuiste en koeëls sing in alle rigtings in die skermutselinge wat Hein het met die wat hom wil arresteer en doodmaak. In die hierdie spanningsvolle woeste weste verhaal is die skrywer op sy allerbeste en kan mens nie anders as om die boek eers klaar te lees voor jy dit neersit nie.

€8.22
Metode de plata
Limba Africană ● Format EPUB ● Pagini 166 ● ISBN 9781928498704 ● Mărime fișier 0.6 MB ● Editor Pieter Haasbroek ● Editura Pieter Haasbroek ● Țară GB ● Publicat 2022 ● Descărcabil 24 luni ● Valută EUR ● ID 8280158 ● Protecție împotriva copiilor fără

Mai multe cărți electronice de la același autor (i) / Editor

83.010 Ebooks din această categorie