Lupă
Încărcător de căutare

De Wet Potgieter 
Totale Aanslag 
Apartheid se vuil truuks onthul

Ajutor
Adobe DRM
Copertina de De Wet Potgieter: Totale Aanslag (PDF)
Vir die grootste gedeelte van sy bewind is die Nasionale Party-regering gesteun en onderhou deur die direkte betrokkenheid van sy veiligheidsmagte. Gewone landsburgers het geen idee gehad waar voor hul belastinggeld aangewend word nie – die befondsing van onortodokse en selfs onwettige operasies wat alles van internasionale propagandaveldtogte tot die aktiwiteite van plaaslike moordbendes ingesluit het. Vanuit die gevreesde geledere van die Veiligheidspolisie, die sinistere Burgerlike Samewerkingsburo, die alombekende BOSS en die magdom frontmaatskappye wat gestig is om die wapenembargo en ekonomiese sanksies te omseil, is Suid-Afrika in die grootste geheimhouding regeer. Dit was die regering se Totale Strategie teen die vyand se Totale Aanslag. ’n Handjievol gedugte joernaliste het die waarheid agter apartheid begin oopvlek, maar ondanks hulle toewyding en die latere werk van die Waarheids- en Versoeningskommissie, bly heelwat van Suid-Afrika se onlangse verlede steeds in geheimhouding gehul. Nou, vir die eerste keer, kan ondersoekjoernalis De Wet Potgieter lig werp op enkele van die kwellendste vrae oor hierdie tydperk, soos wat by PW Botha se finale kabinetsvergadering gebeur het, tot die sluipmoord op Olof Palme. Hierdie en baie ander van die destydse verslaggewing bied ’n seldsame en boeiende blik op wat agter die skerms binne Suid-Afrika se veiligheidstrukture gebeur het tydens die apartheidsera.
€9.94
Metode de plata
Limba Africană ● Format PDF ● Pagini 345 ● ISBN 9781770222342 ● Editura Penguin Random House South Africa ● Publicat 2012 ● Descărcabil 6 ori ● Valută EUR ● ID 5759837 ● Protecție împotriva copiilor Adobe DRM
Necesită un cititor de ebook capabil de DRM

Mai multe cărți electronice de la același autor (i) / Editor

4.399.017 Ebooks din această categorie