Lupă
Încărcător de căutare

Deon Maas 
Witboy in Berlyn 
Avonture in die Eerste Wêreld

Ajutor
‘Die honde en kinders verstaan Duits, maar ek nie.’
Toe sy vrou werk kry in Duitsland, besluit Deon Maas in ‘n oogwink om Berlyn toe te trek. In hierdie intellektueel stimulerende, dekadente stad voel hy hom op sekere maniere dadelik tuis – op ander nie.
In die reis wat alle immigrante meemaak, ontdek hy meer oor homself en sy wortels terwyl hy sy voete in sy nuwe omgewing vind. Hy verwonder hom aan tipies Duitse gewoontes soos dat alle oorsese televisieprogramme (swak) oorgeklank word en dat die Duitsers hul sin vir ordelikheid op alles en almal afdwing.
Op sy avonture ontmoet hy veganistiese anargiste, sokkerboewe, ‘n lid van ‘n satiriese Duitse politieke party en neem hy selfs aan ‘n protesoptog deel.
Maas ontdek dat alles nie perfek werk in die Eerste Wêreld nie. Mense daar sukkel om probleme op te los oor alles so streng gereguleer is en hulle weet nie eintlik hoe om die uit-dagings te hanteer wat toenemende immigrasie veroorsaak nie.
Hy probeer ook antwoorde vind op vrae oor verlies, oor identiteit en hoe om as ‘n wit immigrant uit Afrika in Europa in te pas. Maas besef al is hy op papier dalk iets van ‘n Duitser danksy sy Duitse stamouers, is hy eintlik iemand heeltemal anders. Iemand wat in wese van Afrika is.
€10.99
Metode de plata

Despre autor

DEON MAAS is die mede-vervaardiger van die televisiereekse Jam Sandwich (SAUK), Fortuinsoekers (kyk Net), The Gulder Ultimate Search, ’n Nigeriese werklikheidstelevisieprogram, en Zim-Zim (DSTV). Hy is ook die medevervaardiger van die dokumentêre films Who Killed Johannes Kerkorrel en Punk in Afrika.
Maas, wat tevore in Johannesburg gewoon het, het ’n lojale leserskap opgebou met sy eerste twee boeke, Witboy in Afrika en Melk die Heilige Koeie. Hy is deesdae ‘n hondeloper in Berlyn.
Limba Africană ● Format EPUB ● Pagini 216 ● ISBN 9781868427598 ● Mărime fișier 6.1 MB ● Editura Jonathan Ball ● Oraș London ● Țară GB ● Publicat 2019 ● Descărcabil 24 luni ● Valută EUR ● ID 6905146 ● Protecție împotriva copiilor DRM social

Mai multe cărți electronice de la același autor (i) / Editor

9.801 Ebooks din această categorie