Lupă
Încărcător de căutare

Autor: Donnalee Roberts

Ajutor
Die aktrise en model DONNALEE ROBERTS is bekend vir haar rol as Annelie van Heerden in 7de Laan. Sy het in 2013 die hoofrol van Cybil Ferreira in die film Klein Karoo vertolk. Donnalee is medeskrywer en -vervaardiger van Pad na jou hart en speel die vroulike hoofrol (Amory). Sy is ook mede-eienaar van die maatskappy Memory Box Productions. In 2006 is sy aangewys as die Universiteit van Pretoria se Joolkoningin en Mej. Kampus Suid-Afrika, en het sy die Universiteit van Pretoria by die Wêreld Mej. Universiteit in Suid-Korea verteenwoordig, waar sy as International Goodwill Ambassador aangewys is. Sy het in dieselfde jaar aan die Universiteit van Pretoria haar BA Drama-graad ontvang en nog twee jaar aan die Performing Arts and Lifestyle Institute-filmskool in Pretoria studeer, waar sy hoofrolle in verskeie studentefilms vertolk het. In 2012 het sy aan die bekende New York Film Academy ’n diploma in filmtoneelspel ontvang. Sy is tans ’n ambassadeur vir die kinderliefdadigheidsorganisasie Help-Net asook Toys for Africa, en is ook betrokke by verskeie ander Suid- Afrikaanse liefdadigheidsorganisasies.




3 Ebooks de Donnalee Roberts

François Bloemhof: Pad na jou hart
Iets anders! François Bloemhof slaan ’n nuwe rigting in met ’n roman gebaseer op ’n draaiboek deur die bekende akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts. Hulle speel in die gelyknamige rolprent en dié …
EPUB
Africană
DRM
€14.99
Adeline Radloff: Stroomop
Vyf Gautengse vroue swem stroomop deur die lewe. Hulle kom uit baie verskillende wêrelde: Daar’s ‘n uitgebrande chirurg, ‘n bedroefde tipe A-prokureur, haar opstandige studentedogter, ‘n oorgewig, …
EPUB
Africană
DRM
€11.99
Ivan Botha & Donnalee Roberts: Skooluitgawe: Pad na jou hart – ‘n rolprentdrama vir Graad 11 Eerste Addisionele Taal
Pad na jou hart – ’n rolprentdrama is gebaseer op die draaiboek en is aangepas volgens die vereistes van die KABV vir Graad 11 Eerste Addisionele Taal met ’n inleiding tot die drama, kontekstuele …
EPUB
Africană
DRM
€7.49