Lupă
Încărcător de căutare

Elsa Winckler 
Om Amelie se tafel 

Ajutor
Amelie doen nie groepwerk nie. Sy doen nie motorbestuur nie, en sy doen ook nie mans wat vir haar lelies of juweliersware aandra nie. Ja, sy’t ’n bietjie bagasie – en wie het nogal nie?
Maar wanneer spanbou-spesialis en bedryfsielkundige Chris op die prentjie verskyn, en boonop veroorsaak dat Amelie ’n ver ent pad moet ry om sowaar in simpel groepies te gaan rondfoeter, word haar wêreld omgekeer. Die man sukkel met haar en weet nét watter knoppies om te druk. Wanneer sy Chris leer ken en besef hy’t ’n groot, luide familie – presies die soort wat sy so graag om ’n gesellige etenstafel in haar eie tuin sou wil sien, die soort waaroor sy droom sedert haar ouers se ontydige dood – is haar kop aan die draai. Dit verg allerlei ompaaie, en harde werk van Chris se kant, om deur Amelie se bagasieknope te sny. Sal sy haar dinge kan laat staan en die familie wen waarna sy so smag? En dít voor Chris besluit sy’s net té veel moeite?
€4.99
Metode de plata

Despre autor

Elsa Winckler was ’n laerskoolonderwyser en het later in haar lewe ’n BA deur Unisa voltooi, asook ’n honneursgraad in Engels en ’n MPhil in dokumentanalise en -ontwerp aan die Universiteit Stellenbosch. Sy het van 1997 tot 2010 heeltyds by die US gewerk as administratiewe beampte by die departement Engels. Haar heel eerste liefdesverhaal, Tussen jazz en rock (LAPA), het ’n 2010 Woordveertjie ontvang. Sy bly op Bettysbaai.
Limba Africană ● Format EPUB ● Pagini 224 ● ISBN 9780624070191 ● Mărime fișier 0.2 MB ● Editura Tafelberg ● Publicat 2014 ● Ediție 1 ● Descărcabil 24 luni ● Valută EUR ● ID 4534872 ● Protecție împotriva copiilor Adobe DRM
Necesită un cititor de ebook capabil de DRM

Mai multe cărți electronice de la același autor (i) / Editor

699.325 Ebooks din această categorie