Lupă
Încărcător de căutare

Ingrid Winterbach 
Die aanspraak van lewende wesens 

Ajutor
Adobe DRM
Copertina de Ingrid Winterbach: Die aanspraak van lewende wesens (ePUB)
Wenner van NB-uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2012:Komies, hartroerend, meditatief, verruimend! Hierdie kick-ass roman bied ’n priemende blik op twee parallelle reise: ’n man en ’n vrou elk op soek na die oorsake van ’n broer en ’n suster se ondergang.Na ’n onthutsende oproep van ene Josias Brandt, vertrek Karl Hofmeyr teësinnig om sy broer, Iggy, wie se kop skynbaar uitgehaak het, te hulp te snel. Karl – heavy-metal-fan de luxe – se reis word vertraag deur sy obsessies wat hom in verskillende situasies lelik kniehalter. Maria Volschenk word op ’n dag oorval deur ’n groot leegte. Sy reis na die Wes-Kaap op ’n sending waarteen sy lankal opsien, in ’n poging om hierdie beleërende leegte af te weer. Die twee verhaallyne vloei saam op ’n onwaarskynlike stadsplaas iewers in Kaapstad, waar die broer, Ignatius Hofmeyr, in ’n bitter tweestryd met die onpeilbare Brandt-kêrel gewikkel is. Die beoordelaars se lof:“Die roman se krag is geleë in die digte tekstuur … [dit] bereik ’n uitsonderlike kompleksiteit.” – Louise Viljoen“… die opwindendste taalgebruik: skreeusnaaks soms, altyd raak, altyd gepas vir die aard van die prosa. – Willie Burger“Wat mens bybly, is die uitreik na die boweaardse, die worsteling om nuwe dimensies van die gees. ’n Roman wat ’n durende verwysingspunt in die Afrikaanse letterkunde kan wees. – Linda Rode
€14.99
Metode de plata
Limba Africană ● Format EPUB ● Pagini 356 ● ISBN 9780798158527 ● Mărime fișier 1.7 MB ● Editura Human & Rousseau ● Publicat 2012 ● Ediție 1 ● Descărcabil 24 luni ● Valută EUR ● ID 4762623 ● Protecție împotriva copiilor Adobe DRM
Necesită un cititor de ebook capabil de DRM

Mai multe cărți electronice de la același autor (i) / Editor

701.765 Ebooks din această categorie