Lupă
Încărcător de căutare

Izak du Plessis 
Boereverneukers 
Afrikaanse swendelaars, swierbolle en swerkaters

Ajutor
Adobe DRM
Copertina de Izak du Plessis: Boereverneukers (ePUB)
Boereverneuker, -s, kwaksalwer, bedrieër; ook spottend vir prokureur gebruik.Hulle is sjarmant, galant, elegant, belese, berese, gelowig, bedagsaam, selfversekerd, hiperintelligent … en jy kan nie help om van hulle te hou nie. Maar eintlik is hulle glibberige gladdebekke wat jou in ʼn ommesientjie platsak gaan laat. Want hulle lieg, bedrieg, gee voor. Hulle verdraai, verdoesel, verduister, verwoes. En as jy jou oë uitvee, is jy nie net jou geld kwyt nie, maar ook jou reputasie en status, terwyl die gladdebek lankal soos mis voor die môreson verdwyn het. Sommige van hulle is so goed dat hulle selfs bewonder word ten spyte van hul verfoeilike skelmstreke. Boereverneukers vertel die stories van Afrikaanses wat van ons land se grootste skelmstreke gepleeg het. Van die karakters is minder bekend, maar ander het byna mitiese status in die Afrikaanse psige verwerf, soos die kubuskoning Adriaan Nieuwoudt, die pynmasjienman Gervan Lubbe, die kamma-pediater André Esterhuizen, die Hertzogville-profeet David Francis en die beesbaron Arnold Smith. Selfs die ikoon van die Afrikanerdom, president Paul Kruger, het vir hom ʼn plekkie in die annale van Boereverneukers geskrop.Dalk help hierdie stories jou om vir jouself te lag, aan te gaan met jou lewe en voortaan versigtiger te wees as jy dalk al die slagoffer van ʼn boereverneuker was.
€10.61
Metode de plata
Limba Africană ● Format EPUB ● Pagini 216 ● ISBN 9781776092192 ● Editura Penguin Random House South Africa ● Publicat 2017 ● Descărcabil 3 ori ● Valută EUR ● ID 5384028 ● Protecție împotriva copiilor Adobe DRM
Necesită un cititor de ebook capabil de DRM

Mai multe cărți electronice de la același autor (i) / Editor

67.503 Ebooks din această categorie