Lupă
Încărcător de căutare

Jade Lee Mc Menamin 
Operasie droomvrou 

Ajutor
Adobe DRM
Copertina de Jade Lee Mc Menamin: Operasie droomvrou (ePUB)
Elmien en Riekert is sedert hul tienerjare onafskeidbaar. Maar Riekert het nog nooit enige tekens van romantiese toenadering getoon nie. Dan daag hy onverwags met groot nuus by Elmien se voordeur op – hy het sy droomvrou gevind. Altans, hy het haar gesién, te laat besef hy moet iets doen om haar aandag te trek en in die proses slegs haar inkopielys in die hande gekry. Sy droomvrou blyk ’n interessante en avontuurlustige vrou te wees – die lysie bevat immers allerlei unieke items. Elmien moet nou vir die eerste keer die moontlikheid oorweeg dat Riekert nie vir altyd net aan háár sy kan wees nie. Sy hoor ook voortdurend haar oorlede ouma se stem in haar kop terwyl sy met haar gevoelens worstel. Elmien besef gou dat sy op haar beste vriend verlief is en besluit sy sal hom help om die droomvrou op te spoor, al beteken dit sy gaan hom by iemand anders gelukkig moet sien. Dinge verloop uiteraard nie soos die twee vriende beplan het nie en mettertyd moet albei hul planne heroorweeg.
€4.99
Metode de plata

Despre autor

Jade Mc Menamin se liefde vir stories is deur haar moeder asook beide haar oumas geïnspireer. Sy is ook ’n digter en visuele kunstenaar. Kuns, as stylelement of metafoor, vind dikwels neerslag in haar skryfwerk. Operasie droomvrou is Jade se eerste liefdesverhaal. Sy woon saam met haar honde Tinky, Brink en Lala in Arcadia, Pretoria.
Limba Africană ● Format EPUB ● Pagini 224 ● ISBN 9780624085287 ● Mărime fișier 0.3 MB ● Editura Tafelberg ● Publicat 2019 ● Ediție 1 ● Descărcabil 24 luni ● Valută EUR ● ID 6918106 ● Protecție împotriva copiilor Adobe DRM
Necesită un cititor de ebook capabil de DRM

Mai multe cărți electronice de la același autor (i) / Editor

708.403 Ebooks din această categorie