Lupă
Încărcător de căutare

Koos Kombuis 
Ver in die wêreld, sushi! 

Ajutor
Koos Kombuis se veelsydigheid ken geen perke nie. In ’n loopbaan van meer as drie dekades het die gewilde en dikwels omstrede kopdoekdraer hom gevestig as skrywer en sanger wie se invloed ver strek. Terselfdertyd het hy hom onderskei as sosiale en politieke kommentator van formaat. Ver in die wêreld, sushi! is Kombuis se vyfde rubrieke bundel en bevat opiniestukke wat verskyn het in gedrukte en aanlyn-publikasies soos Rapport, De Kat, Taalgenoot, Distrikspos, Lit Net en Netwerk24. Met sy kenmerkende satiriese blik spreek Kombuis hom uit oor ’n verskeidenheid onderwerpe: die stommiteite van politici, streke van kinders in openbare plekke, die misterie wat instellings soos die Poskantoor en munisipaliteite aan die gang hou, roeringe in die Afrikaanse musiekbedryf, sensitiwiteite tussen geslagte en gendergroeperinge, die pêrels van wysheid wat haarkapsters in ’n kliënt se skoot laat val … Maar die bundel re¬ ekteer veel meer as net ’n sardoniese humorsin wat help om gewigtige kwessies in perspektief te stel. Wanneer Koos Kombuis terugkyk oor sy roemryke loopbaan en sin probeer maak van verlies en dood, voer hy lesers mee na streke van die gees wat selde deurgrond word. Ver in die wêreld, sushi! is ’n heildronk op die insigte van ’n uitsonderlike stem in Afrikaans.
€9.33
Metode de plata
Limba Africană ● Format EPUB ● Pagini 208 ● ISBN 9781770228825 ● Editura Penguin Random House South Africa ● Publicat 2015 ● Descărcabil 3 ori ● Valută EUR ● ID 4452072 ● Protecție împotriva copiilor Adobe DRM
Necesită un cititor de ebook capabil de DRM

Mai multe cărți electronice de la același autor (i) / Editor

4.410.784 Ebooks din această categorie