Lupă
Încărcător de căutare

Ton Vosloo 
Oor Grense 
‘n Lewe in die media in ‘n tyd van verandering

Ajutor
Ton Vosloo is een van die mees gerekende koerant- en sakemanne in Suid-Afrika. Gedurende sy loopbaan van sowat sestig jaar het Suid-Afrika op politieke front ‘n drastiese ommekeer ondergaan: die Nasionale Party het plek gemaak vir ‘n ANC-regering, wat gelei het tot transformasie op sosiale, ekonomiese en sakefront.
In 1983 is Vosloo as die besturende direkteur van Naspers aangestel en het hy hom dit ten doel gestel om dié groep – wat in 1913 as mondstuk van die Nasionale Party gestig is – te vernuwe. Vosloo het die maatskappy deur diep, onstuimige waters gestuur: op ideologiese vlak was dit ‘n geveg tot die dood toe met die regse Perskor-groep om die steun van Afrikaners te wen.
Naspers moes ook op kommersiële vlak moderniseer. Dit het uiteindelik gelei het tot die stigting van M-Net, Suid-Afrika se eerste betaaltelevisiekanaal. In 1992 is Vosloo as voorsitter van Naspers aangestel en het Koos Bekker die pos as besturende direkteur aanvaar. Onder Bekker se leiding het Naspers belê in die Chinese internetmaatskappy Tencent, en vinnig ontwikkel tot ‘n groep wat vandag finansiële belange regoor die wêreld het. Dít sou nie moontlik gewees het sonder die fondasie wat Vosloo in die vroeë tagtigs vir sodanige vernuwing gelê het nie.
Oor Grense is Ton Vosloo se memoir oor sy lewe in die koerantwêreld in ‘n tyd toe Naspers nog baklei het om die posisie as markleier, ‘n tyd toe die koerante binne sy stal baie na aan die politici van die dag gestaan het. Met sy eiesoortige humorsin en styl as gesoute joernalis vertel Ton Vosloo die storie van Naspers en van sy uiteenlopende ervarings as koerantman en sakeleier.
€10.99
Metode de plata

Despre autor

TON VOSLOO is in murg en been ’n koerantman. Hy het op skool reeds sportberigte vir gemeenskapskoerante geskryf en as jong man as parlementêre korrespondent gewerk. In 1970 was hy die Nieman-genoot aan Harvard Universiteit. Vosloo word in 1977 as redakteur van Beeld aangewys en beklee die pos tot 1983 toe hy die besturende direkteur van Naspers word. Tussen 1992 en 1997 was hy die uitvoerende hoof van Naspers en tussen 1997 en 2015 nie-uitvoerende hoof van die direksie. Vandag is Vosloo die voorsitter van die trust van die Kaapse Filharmoniese Orkes. Drie eredoktorsgrade is aan hom toegeken.
Limba Africană ● Format EPUB ● Pagini 288 ● ISBN 9781868428878 ● Mărime fișier 2.7 MB ● Editura Jonathan Ball ● Oraș London ● Țară GB ● Publicat 2018 ● Descărcabil 24 luni ● Valută EUR ● ID 6453718 ● Protecție împotriva copiilor DRM social

Mai multe cărți electronice de la același autor (i) / Editor

9.801 Ebooks din această categorie