лупа
Search Loader

Braam van Wyk & Piet van Wyk 
Identifiseer die Bome van Suider-Afrika 

поддержка
Adobe DRM
Обложка Braam van Wyk & Piet van Wyk: Identifiseer die Bome van Suider-Afrika (ePUB)
Dié boek se titel vertel alles! In hierdie bygewerkte tweede uitgawe verskaf dit ’n duidelike begrip hoe bome saamgestel word en waarna om op te let wanneer ’n boom geïdentifiseer word. Die boek word in twee dele verdeel: Deel 1 beskryf en illustreer duidelik die verskillende dele van ’n boom en hul rol in boom-identifikasie. Deel 2 bevat ’n sleutel van 43 boomgroepe, gebaseer op maklik sigbare stam- en blaareienskappe. Dit verskaf ’n noukeurige oorsig oor elke groep, sowel as die Suid- Afrikaanse boomfamilies wat in die verskillende groepe verteenwoordig word. Talle kleurfoto’s en verduidelikende illustrasies ondersteun die teks wat dié handleiding toeganklik en gebruikersvriendelik maak. Identifiseer die Bome van Suider-Afrika sal lesers toerus met ‘n goeie begrip van die funksionering van bome en waarna hulle moet oplet om dit korrek te kan identifiseer. Verkoopspunte: ’n Deursigtige en verduidelikende inleiding tot boom-identifikasie; sluit ‘n beproefde sleutel tot boomgroepe in, gebaseer op maklik waarneembare funksies; ’n Nuwe uitgawe – bygewerk om die nuutste taksonomiese veranderinge te weerspieël; die perfekte metgesel vir veldgidse oor bome.
€12.48
Способы оплаты
язык африкаанс ● Формат EPUB ● страницы 184 ● ISBN 9781775846796 ● издатель Penguin Random House South Africa ● опубликованный 2019 ● Загружаемые 3 раз ● валюта EUR ● Код товара 6977305 ● Защита от копирования Adobe DRM
Требуется устройство для чтения электронных книг с поддержкой DRM

Больше книг от того же автора (ов) / редактор

4 380 518 Электронные книги в этой категории