лупа
Search Loader

Ingrid Winterbach 
Die boek van toeval en toeverlaat 

поддержка
Adobe DRM
Обложка Ingrid Winterbach: Die boek van toeval en toeverlaat (ePUB)
Helena Verbloem, leksikograaf van beroep, gaan na Durban as projek-assistent van ’n man wat alle woorde byeen probeer bring wat in onbruik geraak het in Afrikaans. Dan word daar by haar tuinwoonstel ingebreek en haar geliefde skulpe word gesteel. Die verhaal ontvou rondom die soektog na die gesteelde skulpe. Hierdie soeke raak verweef en verstrengel met die taalbewaringsprojek, die mense wat sy daar leer ken en met haar algemene besinning oor haar lewe – herinneringe aan haar familie, verlore minnaars en liefdes, verliese wat sy gely het. Ek weet wat ’n terapeut sal sê. Agter elke verlies lê ’n vroeër verlies. Die verlies van my skulpe is ’n voorwendsel (’n jakkalsdraai, ’n verbloeming en bewimpeling) ’n poging van die geslepe psige om die vroeër, pynlike verlies te verdoesel. Dié woorde van die self-ironiserende verteller in hierdie fassinerende roman raak twee van die belangrikste temas aan: verlies en verbloeming.
€14.99
Способы оплаты

Об авторе

Ingrid Winterbach (Lettie Viljoen) is ’n veel-bekroonde skrywer, o.a.: Karolina Ferreira: M-Net; Niggie: Hertzogprys; Die boek van toeval en toeverlaat: M-Net-prys, W.A. Hofmeyr-prys, UJ-prys; Die benederyk: M-Net-prys. Winterbach is die enigste skrywer wat die M-Net prys reeds drie keer verower het. Niggie en Die boek van toeval en toeverlaat is ook in Nederlands uitgegee. Die Engelse uitgawes van albei hierdie romans (To hell with Cronjé en The Book of Happenstance) is ook in die VSA gepubliseer.

Haar jongste roman, Die aanspraak van lewende wesens, was die wenner van NB-uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd in 2012, en is ook in 2013 bekroon met die volgende pryse: Hertzogprys vir Prosa en die WA Hofmeyr-prys. Ingrid Winterbach is ook beeldende kunstenaar. Sy woon met haar man in die Stellenbosch-omgewing. Sy het twee dogters.
язык африкаанс ● Формат EPUB ● страницы 336 ● ISBN 9780798160018 ● Размер файла 0.5 MB ● издатель Human & Rousseau ● опубликованный 2006 ● Издание 1 ● Загружаемые 24 месяцы ● валюта EUR ● Код товара 4769775 ● Защита от копирования Adobe DRM
Требуется устройство для чтения электронных книг с поддержкой DRM

Больше книг от того же автора (ов) / редактор

701 765 Электронные книги в этой категории