แว่นขยาย
ตัวโหลดการค้นหา

Braam le Roux & Dewald Brink 
Geen Vergiffenis 

สนับสนุน
Adobe DRM
ปกของ Braam le Roux & Dewald Brink: Geen Vergiffenis (ePUB)

GEEN VERGIFFENIS – WOESTE LAEVELD REEKS




Die reeds beroemde Len van Staden, spesiale polisie-agent van die Regering van die Suid-Afrikaanse Republiek, tree andermaal op in hierdie buitengewone verhaal van liefde en avontuur en van die trotsering van doodsgevare.




’n Onskuldige meisie, Helena de Vos, se groot liefde vir ’n man word verpletter toe hy haar en haar kindjie versaak en aan die genade van ’n wêreld vol skindery en wreedheid oorlaat. Maar sy veg moedig voort en help haar bejaarde, eksentrieke pa om sy aartsvyand, wat hom op sakegebied heeltemal geruïneer het, die hoof te bied. Haar pa se aartsvyand is klaarblyklik ’n opperste skurk. Met die hulp van ’n bende roekelose en genadelose rewolwerskuts, doen hy alles in sy vermoë om die bou van ’n treinspoor deur daardie deel van die land te verhoed.




Daar is treinontsporings en grootskaalse diewery aan die gang… en op daardie oomblik kom Len van Staden daar aan, gestuur deur die Regering van die Republiek, om die chaos te kom ondersoek.




Hoe Len van Staden hierdie gevaarlike ondersoek uitvoer en koelbloedige moordenaars en rewolwerskuts beveg en eindelik onder die knie kry, bygestaan deur die moedige Helena de Vos en deur Lettie Joubert, is die tema van hierdie aangrypende verhaal.

€8.22
วิธีการชำระเงิน
ภาษา แอฟริกาใต้ ● รูป EPUB ● หน้า 226 ● ISBN 9781928498681 ● ขนาดไฟล์ 3.0 MB ● บรรณาธิการ Pieter Haasbroek ● สำนักพิมพ์ Pieter Haasbroek ● ประเทศ GB ● การตีพิมพ์ 2021 ● ที่สามารถดาวน์โหลดได้ 24 เดือน ● เงินตรา EUR ● ID 8202459 ● ป้องกันการคัดลอก Adobe DRM
ต้องใช้เครื่องอ่านหนังสืออิเล็กทรอนิกส์ที่มีความสามารถ DRM

หนังสืออิเล็กทรอนิกส์เพิ่มเติมจากผู้แต่งคนเดียวกัน / บรรณาธิการ

83,045 หนังสืออิเล็กทรอนิกส์ในหมวดหมู่นี้