Büyüteç
Arama Yükleyici

Elizabeth Wasserman 
Anna Atoom en die seerower se dolk (skooluitgawe) 

Destek
Adobe DRM
Örtmek Elizabeth Wasserman: Anna Atoom en die seerower se dolk (skooluitgawe) (ePUB)
’n Ekologiese ramp tref die aarde: alge begin die oseane oorgroei en bedreig alle lewe in die see. Terwyl Anna se ouers probeer uitvind wat dit veroorsaak het, en hoe om dit te keer, stel Anna net in een ding belang: ’n antieke dolk wat sy in die see gevind het. Sy glo dit het meer as tweehonderd jaar gelede aan ’n beroemde seerower behoort. Maar waar lê die wrak van sy skip? En wat het van sy skat geword? Die Anna Atoom-reeks is bekroon met die Alba Bouwer-prys vir kinderliteratuur (2013).

Hierdie skooluitgawe van Anna Atoom en die seerower se dolk is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.tafelberg.com.
€7.99
Ödeme metodları

Yazar hakkında

Elizabeth Wasserman is ’n patoloog in privaatpraktyk en buitengewone professor in die afdeling Geneeskundige Mikrobiologie aan die Universiteit van Stellenbosch se Geneeskunde-Fakulteit. Sy is die skrywer van Meerkatrestaurant (wat by Lapa verskyn het), was ’n bydraer tot Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg, 2009), en is die skrywer van die gewilde Speurhond Willem-reeks, wat ook deur Tafelberg uitgegee word. Elizabeth woon saam met haar man en tienerdogter in Welgedacht, naby Kaapstad.
Dil Afrikaans ● Biçim EPUB ● Sayfalar 110 ● ISBN 9780624065906 ● Dosya boyutu 1.6 MB ● Yaş 17-12 yıl ● Yayımcı Tafelberg ● Yayınlanan 2013 ● Baskı 1 ● İndirilebilir 24 aylar ● Döviz EUR ● Kimlik 4534548 ● Kopya koruma Adobe DRM
DRM özellikli bir e-kitap okuyucu gerektirir

Aynı yazardan daha fazla e-kitap / Editör

20.426 Bu kategorideki e-kitaplar