Büyüteç
Arama Yükleyici

Elizabeth Wasserman 
Die dingesfabriek 1: Jannus en Kriek op die maan 

Destek
Jannus en Kriek Knoets is min of meer agt jaar oud, en hulle is ’n tweeling. Die Knoets-gesin woon in Huis Deurmekruis, onder afrit 7 van die snelweg, naby die dokke in ’n groot stad. Hulle ouers is Knersius en Soetlief Knoets.

Knersius is die speltoetser van ’n groot boekuitgewery. Soetlief is ’n gevaarlike spioen. Die tweeling se troeteldier is ’n meerkat met die naam van Meneer Snoek. Maar seker die belangrikste karakter in die verhaal, behalwe die tweeling natuurlik, is hulle oupa.

Hy is ’n avonturier, ’n uitvinder en ’n baie onvoorspelbare ou man. As hy nie iewers anders is nie, bly hy onder Huis Deurmekruis in ’n soort kelderverdieping, waar hy allerhande interessante dinge doen en goeters uitvind in sy laboratorium.

Sy brein is so groot en so besig dat dit vir hom moeilik is om aandag aan gewone dinge te gee. Miskien raak hy net bietjie deurmekaar van ouderdom, want hy noem alle ingewikkelde goed “dinges”. Hierdie boek vertel hoe Jannus en Kriek hulle oupa beter leer ken, en die storie van hulle eerste avontuur saam.
€6.99
Ödeme metodları

Yazar hakkında

Astrid Castle is ’n vryskutillustreerder wat in Vishoek, naby Kaapstad, woon. Sy het al verskeie boeke vir die opvoedkundige mark geïllustreer. In 2012 het sy ’n ATKV Kinderboektoekenning gewen vir haar illustrasies in Spookskip (Tafelberg, 2011).
Dil Afrikaans ● Biçim EPUB ● Sayfalar 56 ● ISBN 9780624062912 ● Dosya boyutu 11.8 MB ● Yaş 17-10 yıl ● Yayımcı Tafelberg ● Yayınlanan 2014 ● Baskı 1 ● İndirilebilir 24 aylar ● Döviz EUR ● Kimlik 4534326 ● Kopya koruma Adobe DRM
DRM özellikli bir e-kitap okuyucu gerektirir

Aynı yazardan daha fazla e-kitap / Editör

55.458 Bu kategorideki e-kitaplar