Büyüteç
Arama Yükleyici

Elizabeth Wasserman 
Elf dae in Parys 

Destek
“Kyk!” sê Luc. “Dis wat ek vir jou wou wys. Sy word genoem ‘Die Gevleuelde Oorwinning van Samothrace’, en vir my is sy die tweede mooiste meisie in die Louvre.”
Emma bloos toe hy tergend na haar kyk. Die Franse verstaan sowaar die kuns van flirt! dink sy. Dalk word dit nog hier as skoolvak aangebied.
Emma is nie veel lus vir die Franse kursus in Parys nie – haar ouma se geskenk vir haar sestiende verjaarsdag. Maar die Stad van Lig betower haar gou, en met Luc as haar gids kry Parys se bekende bakens vir haar nuwe betekenis. Luc is toevallig daar wanneer vreemde goed begin gebeur: sy word amper toegesluit in die Musée d’Orsay, by die Eiffeltoring val ’n bedelaar haar lastig . . . en wie is die onvergeetlik mooi Oosterse meisie met die viool, wat maar net nie uit Emma en Luc se pad kan bly nie?
Fantasie, liefde, avontuur – in Parys is dit moontlik om dit alles oor ’n tydperk van elf dae te ervaar.
€8.99
Ödeme metodları

Yazar hakkında

Elizabeth Wasserman is ’n patoloog in privaatpraktyk en buitengeware professor in die afdeling Geneeskundige Mikrobiologie aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy is die skrywer van Meerkatrestaurant (Lapa), was ’n bydraer tot Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg, 2009), en is die skrywer van die Speurhond Willem-, Anna Atoom- en Dingesfabriek-reekse. Elizabeth woon in Welgedacht, naby Kaapstad.
Dil Afrikaans ● Biçim EPUB ● Sayfalar 248 ● ISBN 9780624077459 ● Dosya boyutu 1.0 MB ● Yaş 17-14 yıl ● Yayımcı Tafelberg ● Yayınlanan 2016 ● Baskı 1 ● İndirilebilir 24 aylar ● Döviz EUR ● Kimlik 4993521 ● Kopya koruma Adobe DRM
DRM özellikli bir e-kitap okuyucu gerektirir

Aynı yazardan daha fazla e-kitap / Editör

55.458 Bu kategorideki e-kitaplar