Büyüteç
Arama Yükleyici

Jelleke Wierenga 
Moord per suurlemoen 

Destek
Adobe DRM
Örtmek Jelleke Wierenga: Moord per suurlemoen (ePUB)
Die tienertweeling, Bruno, met sy vlymskerp sin vir humor en sy hiperboliese uitkyk op alles, en sy dramatiese rooikopsus, Brunhilde, wat weer vriend en vyand kan manipuleer én kan laat swymel, vorm ’n gedugte kombinasie. Hulle getroue vriend, Ben – boonop verlief op Brunhilde – help hul vlug met ’n motorfiets, omdat hulle die buurvrou per abuis “doodgegooi” het. In twee dae speel die driestuks etlike rolle, soos die skreeusnaakse vlug en situasies dit van hulle vereis. En boonop kruis hulle pad met dwelmboewe. Hierdie verhaal het sy oorsprong in ’n ware gebeurtenis: ’n suurlemoengeveg tussen die skrywer en ’n destydse buurvrou oor die bure se verduiwelse blaffende brakke. Die hoofkarakters in die storie, die tweeling Bruno en Brunhilde, maak hul debuut in die boek Kat in die pan vir die Fransman, wenner van die Maskew Miller Longman Letterkundeprys vir Afrikaans in 2010.
€8.49
Ödeme metodları

Yazar hakkında

Jelleke Wierenga het die graad BA (Hons) Kommunikasiekunde aan die Potchefstroomse Universiteit behaal en daarna by Beeld gewerk as onder andere onderwysberiggewer en nuusredakteur (Pretoria-kantoor). Ná ’n kort kennismaking met die burokrasie via die WNNR in Pretoria het sy ’n opvou-woonwa aangeskaf en Kaap toe gevlug. Sy was vir twee jaar artikelskrywer by die tydskrif Sarie in Kaapstad, waarna sy bedank het om ’n vryskutter te word. Sedertdien doen sy enigiets wat met die Afrikaanse woord te doen het – van skoolboeke skryf tot die aanprysing van linnegoed in kataloguskopie.
Dil Afrikaans ● Biçim EPUB ● Sayfalar 176 ● ISBN 9780624068976 ● Dosya boyutu 0.2 MB ● Yaş 17-15 yıl ● Yayımcı Tafelberg ● Yayınlanan 2014 ● Baskı 1 ● İndirilebilir 24 aylar ● Döviz EUR ● Kimlik 4534782 ● Kopya koruma Adobe DRM
DRM özellikli bir e-kitap okuyucu gerektirir

Aynı yazardan daha fazla e-kitap / Editör

54.608 Bu kategorideki e-kitaplar