Büyüteç
Arama Yükleyici

Kristel Loots 
Vet feetjies vlieg nie 

Destek
As Lucy Lombaard in Rubens se tyd geleef het, was sy met haar ronde lyf ’n gesogte skoonheid. Maar nou leef sy in ’n eeu waar vrouelywe soos kodestrepies lyk. Om dan nog vir Jan Taks by Bellville se SARS-kantoor te werk dra nie juis by tot haar gewildheid nie. In Lucy se lyf klop daar die hart van ’n feetjie wat veerlig deur die lewe wil gaan. Dis net – vet feetjies kan nie vlieg nie . . . Met die familiefees wat vir haar voorlê, het Lucy ’n metgesel dringend nodig. Billy Bruwer van Media Uniek stel wel in haar belang, maar wil hy eintlik net die blog wat sy as Funky Feetjie skryf in sy nuwe tydskrif gebruik? Lucy se pad kruis met dié van Wouter Weet-als wanneer hulle saam aan die rubriek moet skryf en die vonke spat behoorlik tussen die twee. Al is Billy Bruwer ’n lus vir die oog wat haar hart in die hoogste versnelling plaas.
€11.99
Ödeme metodları

Yazar hakkında

Kristel Loots het sorgvrye kinderdae gehad as een van die klipgooiers van Despatch. Hier het haar verwondering met die mensdom begin en sy het stories daaroor begin skryf. Sy skryf vir jare al tydskrifverhale en het romanses en romans, insluitend chick-lit soos Die engel rook skelm en Troukoek maak nie vet nie op haar kerfstok. Sy woon in die Kaap.
Dil Afrikaans ● Biçim EPUB ● Sayfalar 256 ● ISBN 9780624083252 ● Dosya boyutu 0.4 MB ● Yayımcı Tafelberg ● Yayınlanan 2017 ● Baskı 1 ● İndirilebilir 24 aylar ● Döviz EUR ● Kimlik 5284326 ● Kopya koruma Adobe DRM
DRM özellikli bir e-kitap okuyucu gerektirir

Aynı yazardan daha fazla e-kitap / Editör

699.325 Bu kategorideki e-kitaplar