Die kido-dinges of te wel die kidoteek, is byna soos ’n biblioteek. Maar by ’n kidoteek ruil ’n mens nie boeke om nie. By ’n kidoteek ruil ’n mens kinders om. Wanneer Erik se pa-hulle hom by die kidoteek gaan omruil vir ’n meer gehoorsame en ordentlike krulkop-dogtertjie, beland hy by Meneer en Mevrou de Kommer. Dié twee bekommer hulle oor alles ”“ motorfietse, inbrekers, monsters, satelliete en insekte. Skielik lyk Erik se eie gesin vir nie meer so sleg nie en verlang hy selfs na hulle. Net toe dinge onuithoudbaar begin raak by die De Kommers, ontdek hy ’n oudoteek waar ouers omgeruil kan word. En wie tref hy by die oudoteek aan sy eie ouers ”“ en hulle smeek vir Erik om hulle terug te neem!
Dil Afrikaans ● Biçim EPUB ● Sayfalar 72 ● ISBN 9780799362299 ● Yayımcı LAPA Uitgewers ● Yayınlanan 2013 ● İndirilebilir 3 kez ● Döviz EUR ● Kimlik 5206092 ● Kopya koruma Adobe DRM
DRM özellikli bir e-kitap okuyucu gerektirir
Aynı yazardan daha fazla e-kitap / Editör
4.410.784 Bu kategorideki e-kitaplar
Sonuç yok