Büyüteç
Arama Yükleyici

Naretha Franken 
Suster Leanie se groot hart 

Destek
Suster Leanie ontferm haar oor die haweloses in die parkie oorkant Worcester Med, ongeag haar kollegas en haar verloofde, wynboer Henk, se vermanings. Dis háár tyd en geld en as sy iemand daarmee kan help, gaan sy dit doen. Dora en Isak is tog so bly as sy vir hulle kos bring of sommer net gesels.
En dan is daar Lu, die lang, maer man met die blou oë en die woeste baard. Hy hou hom eenkant, maar Leanie kan nie anders as om oor hom te wonder nie: Waar sou sy familie wees? Waarom leef hy op straat? Wanneer Lu met bloedvergiftiging en harsingskudding in die hospitaal beland, verdiep Leanie se betrokkenheid by dié man se wel en wee.
Terwyl Leanie ’n skokonthulling oor Henk se verlede moet verwerk en matrone Elizna Truter se venynigheid moet verduur, leer sy Lu – nou skoongeskeer en gesond – se hartseer verhaal ken. Sal hy, en Leanie, weer geluk kan vind?
€4.99
Ödeme metodları

Yazar hakkında

Naretha Franken is in die Caledon-distrik gebore. Sy voltooi matriek aan Namakwaland Hoërskool op Springbok, waarna sy na Worcester trek en vier jaar later met MC Franken trou. Drie kinders word uit die huwelik gebore, en die gesin woon nou in Brackenfell. Naretha skryf liefdesverhale onder die Hartklop-druknaam.
Dil Afrikaans ● Biçim EPUB ● Sayfalar 224 ● ISBN 9780624079866 ● Dosya boyutu 0.3 MB ● Yayımcı Tafelberg ● Yayınlanan 2016 ● Baskı 1 ● İndirilebilir 24 aylar ● Döviz EUR ● Kimlik 5506016 ● Kopya koruma Adobe DRM
DRM özellikli bir e-kitap okuyucu gerektirir

Aynı yazardan daha fazla e-kitap / Editör

699.380 Bu kategorideki e-kitaplar