Magnifying Glass
Search Loader

Ebbe Dommisse 
Fortuine 
Die wel en wee van Afrikaner-magnate

Support
Die ongekende sukses van Afrikaner-sakelui het die afgelope drie dekades verras en verstom. ‘n Aantal is vandag dollar-miljardêrs met uitgebreide internasionale belange. Die opkoms van die Afrikaner-magnaat is veral merkwaardig in die lig van die regering se omvattende program van swart ekonomiese bemagtiging.
Onder leiding van Koos Bekker het Naspers die Johannesburgse aandelebeurs begin domineer en is dié mediagroep tot ‘n internasionale beleggingshouergroep omvorm. Johann Rupert het Richemont as die naasgrootste groep in die mark vir luukse goedere gevestig, terwyl Christo Wiese en Whitey Basson onderskeidelik Pepkor en Shoprite tot die grootste kleinhandelgroepe in klerasie en voedsel in Afrika uitgebou het.
Fortuine verklap waarom alles wat sakeleiers soos Jannie Mouton, Michiel le Roux, GT Ferreira, Johan van Zyl, Douw Steyn en ‘n aantal megaboere aanraak skynbaar in goud verander. Dit ondersoek ook die sensasionele ineenstorting van Steinhoff Internasionaal onder Markus Jooste, waardeur soveel welvaart uitgewis is.
‘n Onthullende boek, wat hoofsaaklik op persoonlike onderhoude gebaseer is en lig werp op die werksetiek, strategiese vennootskappe en aptyt vir risiko wat hierdie groep Afrikaners die reënmakers van die ekonomie maak.
€11.99
payment methods

About the author

EBBE DOMMISSE is die skrywer van die topverkoper Anton Rupert: ’n Lewensverhaal en etlike ander boeke. Hy het as hoofredakteur van Die Burger afgetree na ’n loopbaan van 40 jaar in die joernalistiek.
Hy het op Carnarvon in die Karoo grootgeword en aan die Hoër Jongenskool in die Paarl gematrikuleer. Hy het ’n meestersgraad aan die Nagraadse Skool vir Joernalistiek van die Columbia Universiteit in New York en ’n Ph D aan die Universiteit Stellenbosch verwerf.
Naspers se hoogste eerbewys, die Phil Weber Medalje, is aan hom toegeken.
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 448 ● ISBN 9781868427574 ● File size 3.0 MB ● Publisher Jonathan Ball ● City London ● Country GB ● Published 2021 ● Downloadable 24 months ● Currency EUR ● ID 7818076 ● Copy protection Social DRM

More ebooks from the same author(s) / Editor

4,137 Ebooks in this category