عدسة مكبرة
بحث محمل

Elsa Winckler 
Liefde deur ’n lens 

الدعم
Adobe DRM
غلاف Elsa Winckler: Liefde deur ’n lens (ePUB)
Wanneer Nicola Meyer agter haar kamera skuil, voel sy veilig en in beheer. Dit laat enige onstuimigheid in haar binneste bedaar. Selfs toe sy, in haar beroep as fotograaf, vlugtelinge oorsee afgeneem het, het sy al die hartseer in haar foto’s gekanaliseer en dit só van haar afgeweer. Sy huil nooit nie. Maar toe sy na Suid-Afrika terugkeer, dreig haar onderdrukte emosies om uit te borrel – en dis alles Francois Olivier, haar skoonsus se baie aantreklike broer, se skuld. Hy soen haar onverwags, vat aan haar, en laat haar wêreld tol. Hy sien die hartseer raak wat sy diep wegsteek en daag haar uit om te erken hoe sy voel. Nicola probeer om met haar kamera afstand tussen hulle te skep. Maar as sy haar weer kom kry, fokus sy op sy sterk gelaatstrekke. En wat is die uitdrukking wat sy daar sien? Geen man het al ooit só na haar gekyk nie. Sal Nicola haar verskansing kan laat vaar? En is dit liefde wat sy deur die lens sien?
€4.99
طرق الدفع

عن المؤلف

Elsa Winckler is in 1953 op Upington gebore. Sy het matrikuleer aan die Hoërskool Upington waarna sy haar op Wellington gekwalifiseer het as laerskoolonderwyser. Sy het op veertig weer begin studeer en het ’n BA deur Unisa voltooi, en later ’n honneursgraad in Engels en ’n MPhil in Dokumentanalise en -ontwerp aan die Universiteit Stellenbosch. Sy het van 1997 tot 2010 heeltyds by die US gewerk as administratiewe beampte by die departement Engels. Tans skryf sy heeltyds. Sy is getroud en het drie kinders. Haar eerste liefdesverhaal, Tussen jazz en rock (LAPA) het ’n 2010 Woordveertjie ontvang, en in 2014 ontvang sy weer die Woordveertjie vir romanses vir Te eenders, te anders. Sy woon in Bettysbaai.
لغة الأفريكانية ● شكل EPUB ● صفحات 224 ● ISBN 9780624076025 ● حجم الملف 0.3 MB ● الناشر Tafelberg ● نشرت 2016 ● الإصدار 1 ● للتحميل 24 الشهور ● دقة EUR ● هوية شخصية 5505995 ● حماية النسخ Adobe DRM
يتطلب قارئ الكتاب الاليكتروني قادرة DRM

المزيد من الكتب الإلكترونية من نفس المؤلف (المؤلفين) / محرر

700٬748 كتب إلكترونية في هذه الفئة