عدسة مكبرة
بحث محمل

Susan Pienaar 
Dokter met die X-faktor 

الدعم
Adobe DRM
غلاف Susan Pienaar: Dokter met die X-faktor (ePUB)
Narkotiseur Leandra hoop net een ding oor die nuwe ortopediese chirurg, en dis dat hy nié een van die moeilike soort sal wees wat almal in teater verskree nie. Sy’t nie kon droom dat hy haar dadelik so sal boei nie – haar hande jeuk behoorlik om die vreemdeling te teken toe sy hom die eerste keer in die hysbak sien. Maar o wee! Toe moet sy ontdek dis einste dokter Dieter Erlank, dié mooie man in die hysbak, wat vanoggend haar parkeerplek gegaps het, en hy’t haar gehoor toe sy agterna die parkeerdief as ’n sot uitgekryt en sy voertuig beledig het − wat ’n slegte voet om mee af te skop! In teater gaan dit ook niks beter nie, en Leandra en Dieter hap oor en weer na mekaar, al drukkend op mekaar se knoppies. Wanneer hulle boonop sleg koppe stamp oor ’n moontlike geval van kindermishandeling, word Leandra se treurige geskiedenis ook bygesleep. Is Dieter en Leandra se onderskeie X-faktore vermors op mekaar?
€4.99
طرق الدفع

عن المؤلف

Susan is in PE gebore en het as kind oraloor Suid-Afrika gewoon. Sy het in Johannesburg gematrikuleer en het haar daarna in Bloemfontein in kantooradministrasie bekwaam. Sy en haar man, Willie, het dekades lank in Bethlehem gebly voor hulle onlangs na Boksburg verhuis het.
لغة الأفريكانية ● شكل EPUB ● صفحات 224 ● ISBN 9780624070979 ● حجم الملف 0.4 MB ● الناشر Tafelberg ● نشرت 2014 ● الإصدار 1 ● للتحميل 24 الشهور ● دقة EUR ● هوية شخصية 4534974 ● حماية النسخ Adobe DRM
يتطلب قارئ الكتاب الاليكتروني قادرة DRM

المزيد من الكتب الإلكترونية من نفس المؤلف (المؤلفين) / محرر

700٬748 كتب إلكترونية في هذه الفئة