Magnifying Glass
Search Loader

Author: Dalene Matthee

Support
Dalene Matthee (gebore Scott) is op 13 Oktober 1938 op Riversdal gebore. Sy het in 1957 daar gematrikuleer, en aan ’n musiekskool op Oudtshoorn en by die Holy Cross Covent op Graaff-Reinet musiekopleiding ontvang. Voordat sy oornag roem verwerf het met haar eerste Bosroman, het Dalene tydskrifverhale geskryf en twee populêre romans gepubliseer: ’n Huis vir Nadia (1982) en Petronella van Aarde, Burgemeester (1983). Haar eerste boek was “n kinderverhaal, Die twaalfuurstokkie (1970), en in 1982 het daar ook van haar ’n bundel kortverhale, Die Judasbok, verskyn. Kringe in ’n bos (1984), haar roman oor die uitwissing van olifante en die uitbuiting van houtkappers in die Knysna-bos, was ’n internasionale sukses. Nog drie Bos-boeke het gevolg: Fiela se kind (1985), Moerbeibos (1987) en Toorbos (2003). In 1993 het Brug van die esels verskyn en in 1995 Susters van Eva. Haar roman, Pieternella van die Kaap, het in Maart 2000 verskyn. Dalene Matthee se boeke is in sowat veertien tale vertaal, onder meer Frans, Duits, Spaans, Italiaans, Hebreeus en Yslands. Sy het die ATKV-prys vir goeie gewilde prosa vier keer verower, en in 1993 het sy in Zürich ’n Switserse literatuurprys ontvang vir haar “lewenskragtige literêre werk en haar hartstogtelike belangstelling in natuurbeskerming”. Dalene Matthee sterf op Sondag, 20 Februarie 2005 in Mosselbaai nadat sy vir hartversaking behandel is.




6 Ebooks by Dalene Matthee

Dalene Matthee: Fiela se kind
God vergewe ons baie, maar God vergewe ons nie die kwaad wat ons ´n kind aandoen nie. Aan die een kant van die berg, in die Lange Kloof, woon Fiela Komoetie, verknog aan haar hanskind – deur die Here …
EPUB
Afrikaans
DRM
€15.99
Dalene Matthee: Kringe in ‘n bos
Saul Barnard is ‘n houtkapper met ‘n rustelose siel – hy wil vreemdes uit die Bos hou en die vernietiging van die Bos probeer keer. Dan is daar ‘n legendariese olifantbul – Oupoot – wat losbreek van …
EPUB
Afrikaans
DRM
€14.99
Dalene Matthee: Moerbeibos
Italiaanse sywurmboere word ingevoer om ’n sybedryf te kom vestig in Gouna se boswêreld, maar moerbeibome verseg om in potklei te groei. In die strawwe boswinter word die verwarde immigrante …
EPUB
Afrikaans
DRM
€14.99
Dalene Matthee: Toorbos
Toorbos is ´n bosromanse. Dit is die storie van ´n ingewyde ‘bosvrou’ se intieme verbintenis met die boomhart van die bos, en hoe dit ´n hindernis geword het in haar belewenis van die man wat sy …
EPUB
Afrikaans
DRM
€14.99
Dalene Matthee: Kringe in ‘n bos: Skooluitgawe
’n Houtkapper met ’n rustelose siel. ’n Legendariese olifantbul wat losbreek van sy trop … In die groen skemerwêreld van die Outeniekwa loop hulle kringpaaie. Saul Barnard, deur sy mense verwerp en …
EPUB
Afrikaans
DRM
€12.99
Dalene Matthee: Fiela se kind, die drama (skooluitgawe) vir Graad 12 EAT
Die driejarige seuntjie van Elias en Barta van Rooyen raak spoorloos weg in die Knysnabos. In die Lange Kloof, anderkant die berg, ontferm Fiela Komoetie haar oor ‘n “weggooilam” wat een nag voor …
EPUB
Afrikaans
DRM
€8.99