Lupe
Suche

Christine Barkhuizen-le Roux 
My naam is Prins, ek slaap met die lig aan 

Support
Adobe DRM
Cover von Christine Barkhuizen-le Roux: My naam is Prins, ek slaap met die lig aan (ePUB)
Corinne Prinsloo, ’n kliniese sielkundige, se huwelik is nie meer wat dit eens was nie. Dis asof haar domineeman, Frank, wegkruip in sy studeerkamer, en saans al hoe vroeër die whiskeybottel nadertrek. Die liefdevolle saamwees van vroeër het verander in ’n versigtige eierdans rondom mekaar. Wanneer Deon, ’n oudpasiënt, haar nader om saam met hom ’n pelgrimstog te onderneem na die dorp van sy kinderjare, word Corinne voor ’n belangrike keuse geplaas. Begelei sy Deon ’n laaste maal terug na die trauma van sy verlede, of moet sy by Frank bly en self agter die kap van die byl van haar man se drinkprobleme probeer kom? In Christine Barkhuizen-le Roux se jongste roman, My naam is Prins, ek slaap met die lig aan, vra die skrywer skreiende, dapper vrae. Wat beteken dit om ’n goeie man te wees? Hoe raak ’n mens ontslae van die verlede? En bowenal, hoe heel jy veertig jaar later die pyn van ’n klein seuntjie genaamd Prins?
€14.99
Zahlungsmethoden

Über den Autor

Christine Barkhuizen-le Roux is in 1959 in Vryburg gebore. Sy behaal in 2005 ’n Meestersgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Wes-Kaap. Sy is digter en kortverhaalskrywer en vier van haar boeke het by H&R verskyn: Padmaker (2010), Wat die oog gesien het (2011), Getuie (2012) en Drieklawerblaar (2016).
Sprache Afrikaans ● Format EPUB ● Seiten 352 ● ISBN 9780798179713 ● Dateigröße 2.1 MB ● Verlag Human & Rousseau ● Erscheinungsjahr 2019 ● Ausgabe 1 ● herunterladbar 24 Monate ● Währung EUR ● ID 7170293 ● Kopierschutz Adobe DRM
erfordert DRM-fähige Lesetechnologie

Ebooks vom selben Autor / Herausgeber

708.403 Ebooks in dieser Kategorie