Lupe
Suche

Autor: Hans du Plessis

Support
Hans du Plessis is op 15 Januarie 1945 in Pretoria gebore. Hy matrikuleer aan die Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria. Hy behaal ’n B.A.-graad aan die Universiteit van Pretoria waarna hy in 1966 begin skoolhou. In 1975 verwerf hy sy doktorsgraad in Afrikaanse taalkunde aan Unisa en ontvang ’n senior beurs van die RGN in 1976 en studeer verder aan die Harvard Universiteit in die VSA. Hy hou ses jaar skool en word in 1972 lektor in taalkunde aan Unisa en in 1977 senior lektor by die RAU. In Januarie 1981 word hy professor in Afrikaanse Taalkunde aan die PUK en in 1990 Direkteur van die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-universiteit. Hy tree aan die einde van 2011 af en is tans voltydse skrywer en navorsingsgenoot, Navorsingseenheid, Taal en Literatuur in die Suid-Afrikaanse konteks, Noordwes-universiteit, Potchefstroomkampus. Hans du Plessis is bekend as navorser, akademikus, digter, dramaturg, rubriek-, roman- en jeugboekskrywer. Afgesien van verskeie akademiese boeke en artikels in nasionale en internasionale vaktydskrifte, debuteer hy in 1978 as skeppende skrywer met die digbundel Kleinwild. Daarna verskyn nog vyf digbundels, drie jeugromans, ʼn bundel rubrieke en ses romans. Die laaste drie is historiese romans met die Groot Trek as agtergrond, waarvan die jongste, Inboekeling, in 2014 by Tafelberg verskyn.




9 Ebooks von Hans du Plessis

Hans du Plessis: As die wind kom draai
Sy draai weg van sy speurende blik, en saam kyk hulle af op die dal wat voor hulle tussen die berge lê. Die vroeë son maak dit nog geler, maar dit is ’n sagte geel. Die lang gras buig biddend in die …
EPUB
Afrikaans
DRM
€13.99
Hans du Plessis: Inboekeling
Hy word met ’n riem op die werf aangesleep. ’n Seun. ’n Vreemdeling. Van balans af op sy lomp voete, die slaphandhoed diep tot op sy bakore getrek, rooi in die gesig van die riem om sy nek. Die mense …
EPUB
Afrikaans
DRM
€13.99
Hans du Plessis: Tussen die klippe
In die oopte van ’n halwe ossewalaer op wankelrige stompe word ’n jong vrou voor die hof gedaag oor veelmannery. Nie almal is seker wat haar oortreding is nie; dikwels moet selfs die leraar …
EPUB
Afrikaans
DRM
€13.88
Hans du Plessis: Die Pad na Skuilhoek
In die nag van 23 Augustus 1836 moor die Matabeles ’n staning Voortrekkers uit. Net dié twee, en hul vriend Vryheid, oorleef. Maar hierdie bloedige nag van tragiese eindes is ook die begin van …
EPUB
Afrikaans
DRM
€13.62
Hans du Plessis: Verbrande paradys
Die krater was altyd soos ’n nes wat die Koepelaars teen die wrede wêreld daarbuite beskerm. Totdat die dood onverwags soos ’n meteoriet in die lewe van die Venters, die Spogters en die Nels …
EPUB
Afrikaans
DRM
€13.54
Hans du Plessis: Karos orie dyne
Bybelverse en liedere word poëties getransponeer in Griekwa-Afrikaans deur die bekende taalkundige en skrywer Hans du Plessis. Ontroerend in die eenvoud en piëteit daarvan. Die lank verwagte derde …
EPUB
Afrikaans
DRM
€12.51
Hans du Plessis: Drie Vroue en ’n Meisie
Drie vroue se lewensverhale word in hierdie saga uitmekaargehaal toe die onweerstaanbare Katryn die skryfkunsprofessor kom sê om “n roman oor die vernedering van haar voormoeders te skryf. Hoe moes …
EPUB
Afrikaans
DRM
€13.86
Hans du Plessis: Die Opstand Van Poppie Nel
Liefde is al wat vir die mens oor is. Daar onder raas die see toe Poppie Nel dié dag voor dominee Lukas Lucas op sy stoep staan in haar kuise lang romp. Sy moet glo met iemand praat sodat sy kan …
EPUB
Afrikaans
DRM
€13.79
Hans du Plessis: Inkommers
Waar lê die lyn tussen inwoner en inkommer? “Ek, Plakker Prinsloo, weet nie of ek nou al gereed is om vir die eerste keer saam met Bennie Afrikaner uit te ry Kom toe nie. Ek was nog nooit ’n reisiger …
EPUB
Afrikaans
DRM
€13.55