Lupe
Suche

Hans du Plessis 
As die wind kom draai 

Support
Adobe DRM
Cover von Hans du Plessis: As die wind kom draai (ePUB)
Sy draai weg van sy speurende blik, en saam kyk hulle af op die dal wat voor hulle tussen die berge lê. Die vroeë son maak dit nog geler, maar dit is ’n sagte geel. Die lang gras buig biddend in die effense wind. In die kloof agter hulle fluit ’n fisant. Dit is 1844. Die pioniersplaas Skuilhoek, waar Vryheid en Magriet uitstaar oor die wuiwende veld, is drie uur te perd van Potchefstroom se skaars meer as twintig huise. Die wêreld is ongetem en nuut; van reg en orde is daar nog kwalik sprake. Die twee jonges is ook salig onbewus daarvan dat dit juis die wette is wat vir ’n fatsoenlike gemeenskap moet sorg wat in die pad gaan staan van hul ontluikende liefde, en dat die grootste hindernisse op die weg van die hart in hul eie bloed lê. Soos in sy roman Die pad na Skuilhoek loop Hans du Plessis met As die wind kom draai op die spore van die vroeë Voortrekkers die onverkende tegemoet, en bring ’n verhaal wat soos ’n rosyntjiebos opspruit uit hierdie land se harde grond.
€13.99
Zahlungsmethoden
Sprache Afrikaans ● Format EPUB ● Seiten 236 ● ISBN 9780624057475 ● Dateigröße 0.4 MB ● Verlag Tafelberg ● Erscheinungsjahr 2013 ● Ausgabe 1 ● herunterladbar 24 Monate ● Währung EUR ● ID 4534101 ● Kopierschutz Adobe DRM
erfordert DRM-fähige Lesetechnologie

Ebooks vom selben Autor / Herausgeber

41.294 Ebooks in dieser Kategorie