Lupe
Suche

Johan Marais 
Volledige Gids tot die Slange van Suider-Afrika 

Support
Adobe DRM
Cover von Johan Marais: Volledige Gids tot die Slange van Suider-Afrika (ePUB)


Hierdie gedetailleerde en uitvoerige gids tot die 151 slange inheems in Suider-Afrika dek al die belangrike aspekte van slangbiologie en -gedrag. ’n Volledige Gids tot die Slange van Suider-Afrika, nou in sy tweede uitgawe, is bygewerk, hersien en uitgebrei om minstens 11 onlangs ontdekte en 30 heringedeelde spesies en subspesies in te sluit. Nuwe inligting, gegrond op internasionale wetenskaplike navorsing, is by die besprekings van gedrag, uitkenning, voortplanting en slanggif ingesluit. Kenmerke van hierdie uitgawe is: Spesiebeskrywings word nou van volkleurfoto’s vergesel; eenvoudige ikone verskaf wesenlike inligting met ’n oopopslag; ’n Afsonderlike ‚Kyk uit vir‘ -kassie help om spesies vinnig in die veld uit te ken en hoofstukke oor klassifikasie en uitkenning, die aanhou van slange, en die voorkoming en behandeling van slangbyt vul die spesiebeskrywings aan. Hierdie leesbare en gebruikersvriendelike gids sal van onskatbare waarde wees vir herpetoloë, slangversamelaars, voetslaners, tuiniers, kampeerders en huiseienaars, of enigeen wat hierdie fassinerende en misverstane reptiele kan teëkom of meer van hulle wil weet.
€14.28
HEUTE 15% RABATT
€12.14
Zahlungsmethoden

Über den Autor

Johan Marais, ’n entrepreneur, natuurkenner en fotograaf, het die afgelope twintig jaar ’n aansienlike bydrae tot die bewaring van die reptiele gelewer. Hy het talle lesings oor reptiele gelewer, is ’n gewese voorsitter van die Herpetologiese Vereniging van Afrika en dien as lid van die Krokodilspesialisgroep (Spesieoorlewingskommissie) van die Wêreldbewaringsunie (IUCN). Hy is die skrywer van verskeie boeke, tegniese verhandelings en populêre artikels, sowel plaaslik as oorsee.
Sprache Afrikaans ● Format EPUB ● ISBN 9781775842293 ● Dateigröße 25.5 MB ● Verlag Penguin Random House South Africa ● Erscheinungsjahr 2015 ● herunterladbar 24 Monate ● Währung EUR ● ID 4271718 ● Kopierschutz Adobe DRM
erfordert DRM-fähige Lesetechnologie

Ebooks vom selben Autor / Herausgeber

12188 Ebooks in dieser Kategorie