Magnifying Glass
Search Loader

Elsa Winckler 
Arendsvlerke vir Siebert 

Support
Adobe DRM
Cover of Elsa Winckler: Arendsvlerke vir Siebert (ePUB)
Liewe Here, ek verstaan nie. Help my.Verder as dit kom Katinka nie. Ná amper vier maande weet sy steeds nie wat om verder te bid nie.Dis lente in Somerset-Wes en oral om haar getuig blomme en bloeisels van nuwe lewe, maar Katinka se man, haar groot, sterk man is dood. Dit was Barend se droom om ’n huis te bou hoog teen die berg sodat hulle ver oor Valsbaai kan uitkyk. Want, het hy altyd gesê, dis waar hulle op hulle oudag kan sit en onthou. En nou’s hy weg. Hoe bereken ’n mens so ’n verlies?Wanneer haar seun se veranderde gedrag uiteindelik tot haar deur- dring, is sy verslae en geskok. Hoe is dit moontlik dat sy nie weet wat in haar kind se lewe aangaan nie? Siebert se oë het altyd geblink, hy’t maklik gelag … en nou herken sy skaars die nors skepsel op die bed.Waar begin sy? Wat doen ’n mens?Dis eers wanneer vrees die oorhand kry, wat sy haar wend na die Here. En hierdie keer is daar woorde.Here, U sê vir ons in Jesaja, die wat op U vertrou, kry nuwe krag, hulle vlieg met arendsvlerke. En Here, nou het ons sulke vlerke nodig.
Arendsvlerke vir Siebert is ’n eerlike maar deernisvolle verhaal van liefde en oorwinning uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler.
€12.38
payment methods
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 248 ● ISBN 9780639607146 ● Publisher LAPA Publishers ● Published 2021 ● Downloadable 3 times ● Currency EUR ● ID 8045063 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader

More ebooks from the same author(s) / Editor

4,401,803 Ebooks in this category